Kolwer, paaltjiewagter én bouler: Die veelsydige Mezerly Gorases is gister as speler van die wedstryd aangewys. Foto Krieket Namibië
Kolwer, paaltjiewagter én bouler: Die veelsydige Mezerly Gorases is gister as speler van die wedstryd aangewys. Foto Krieket Namibië

Eagles skraap deur na semifinaal teen Zim

Krieket
Tielman Van Lill
Namibië se vrouekrieketspan bly wankelrig op koers in die ICC T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi vir Afrika-vrouespanne wat tans in Entebbe, Uganda gespeel word, ondanks gevaarligte wat nie geïgnoreer behoort te word nie.

Handige lopies van Gisele Ishimwe, openingskolwer van Rwanda, en Namibië se gesukkel om lopies in die middelboulbeurte aan te teken, het die Capricorn Eagles gister amper duur te staan gekom.

Danksy gedissiplineerde boul- en veldwerk sal Namibië wel môre in die een semifinaal teen Zimbabwe te staan kom. Dié botsing is allerbelangrik, want net die twee Afrika-finaliste oorleef na die wêreldwye uitduntoernooi vir die T20 Wêreldbeker.

Hul plek is eers finaal verseker toe die gasheer Uganda gistermiddag in die laaste groepwedstryd vir Nigerië totaal en al met ses paaltjies in net 15 boulbeurte oordonder het.

Die Capricorn Eagles (102 vir sewe in 20 boulbeurte) het gister net-net hul laaste T20-wedstryd teen Rwanda (91/8 in 20) op spannende wyse met elf lopies gewen.

Namibië is ingestuur om te kolf en was ná die eerste ses boulbeurte gemaklik op 34 sonder verlies.

Die middelkolwers het egter soos in die verlede opnuut gesukkel om lopies in die middelboulbeurte te behaal. Hulle kon slegs elf lopies vir die verlies van twee paaltjies in die volgende vyf boulbeurte behaal en eindig aan die einde van die elfde op 45 vir twee.

Danksy drie grenshoue deur Mezerly Gorases in die 12de kon Namibië 13 lopies insamel en volg dit op met agt lopies in die 13de, maar verloor die paaltjie van Edelle van Zyl (5).

Drie aflewerings later is Gorases (21) ook haar paaltjie kwyt met die telbord op 64/4.

Gorases het egter genoeg met die kolf én bal gedoen om as speler van die wedstryd aangewys te word.

Die Capricorn Eagles slaag daarin om in die laaste ses boulbeurte 38 by te voeg, hoewel Kayleen Green (0) met haar eerste bal been voor paaltjie betrap is.

Gisele Imshimwe het die Namibiese boulers met puik kolfwerk vir lank besig gehou. Sy is eers in die 13de bb vir 36 lopies deur Mekelaye Mwatile van Irené van Zyl se boulwerk uitgevang.

Die toenemende druk het die res van Rwanda se kolwers egter een vir een laat knak.

Irené van Zyl, die Eagles-kaptein, het agterna gesê: “Om eerlik te wees, ons is verlig, want ons lot het van dié wedstryd af gehang. Ons het hard met mekaar gesels en die resultaat het op die veld gewys. Ek is trots op die spelers.

“Die sege was van kardinale belang. Ons sou graag 110 wou haal, maar ons het geweet ons kan hulle met ons boul- en veldwerk hokslaan. Namibië gaan teen Zimbabwe in die semifinaal speel.”

Gorases, ’n veelsydige speler wat boul, kolf en paaltjiewagter is, het gesê: “Dit voel lekker om my rol in die span te vertolk. Ek hou daarvan om te boul én paaltjiewagter te wees.”

Namibië se topkolwers was Arrasta Diergaardt (22 nie uit nie, 22 b, 2x4), Mezerly Gorases (21 van 24 b, 4x4), Suné Wittmann (17 van 27 b, 2x4). Grenshoue 9x4, 1x6. Ekstras 10.

Die doeltreffende boulers was Naomi Benjamin (2/13 in 4 boulbeurte), Gorases (2/18 in 3) en Sylvia Shihepo (1/2 in 1).

Rwanda se toppresteerder was Gisele Ishimwe met 36 van 40 b (3x4) en 3/18 in 4.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.60/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 937.10/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.44/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 996.23/OZ UP +1.11% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.60/OZ UP +0.85% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 937.10/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.44/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 996.23/OZ UP +1.11%