Eagles se laaste uitdaging begin in Nepal

Krieket
'n Direkte kwalifisering vir die uitduntoernooi na die 2023 Wêreldbeker wink vir die uiteindelike topdrie in die reeks.
Tielman Van Lill
Namibië se Richelieu Eagles speel vandag in die eerste internasionale eendagwedstryd van hul toer na Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate.

Gerhard Erasmus en sy span sal hul laaste ses oorblywende eendagwedstryde in die ICC se Wêreldkrieketbeker Liga 2-reeks (CWCL2 2019-2023) afhandel.

Die Namibiërs pak Nepal se Rhinos vandag (begin 05:15 Namibiese tyd) en weer Saterdag in Kirtipur, voordat die botsings teen Skotland môre en Maandag aan die beurt kom.

Die Eagles se volgende bestemming is die Emirate, waar hulle in Dubai die finale twee ODI’s teen die tuisspan op 23 en 25 Februarie sal speel.

Gerhard Erasmus en David Wiese (beide Gulf Giants) asook Ruben Trumpelmann (Desert Vipers) het reeds vanaf die Emirate aangesluit waar hulle by dié land se pas afgelope Internasional Liga T20-reeks (ILT20) betrokke was.

Erasmus en Wiese het beide Sondagaand in die ILT20-eindstryd gespeel, waar die Giants die Desert Vipers tot 146/8 beperk en daarna met sewe paaltjies gewen het.

Wiese het die reeks voltooi as die bouler met die tweede meeste paaltjies (18 in 38 boulbeurte), wat net deur sy Engelse spanmaat Chris Jordan (20 in 37.2 boulbeurte) oortref is.

Vir hul triomf is elke speler van die Gulf Giants beloon met ’n goue hanger wat 156 gram weeg (die gewig van ’n krieketbal), met 240 diamante daarin ingelê (die aantal balle in ’n T20-wedstryd).

Wiese, wat in April ook in die Indiese Premierliga vir die Kolkata Knight Riders begin speel, is egter weens professionele verpligtinge nie vir die Namibiese toer beskikbaar nie, terwyl die veelsydige JJ Smit ook nog vir ’n paar maande met ’n kniebesering op die kantlyn moet bly.

Smit se knie het hom gedwing om voor die begin van die ILT20 van deelname vir die Sharjah Warriors te onttrek.

Erasmus het in agt botsings (agt kolfbeurte) vir die Giants gespeel. Hy het 141 lopies versamel met 52 as sy hoogste telling (asook 30 van 33 balle in Sondag se eindstryd), teen ’n kolftempo van 111.90. Hy het een boulbeurt afgestuur en een paaltjie vir ’n enkellopie geneem.

Trumpelmann was nie vir ’n enkele wedstryd vir die Vipers ingespan nie. Sy laaste ernstige krieket was dus vir Namibië teen Nepal in Windhoek vroeg in Desember. Hopelik is hy vars en gemotiveerd om met die nuwe bal skade aan te rig.

CWCL2

Op die CWCL2 se punteleer is Namibië tans derde van die sewe nasies, met 37 punte.

Die Eagles streef om as een van die topdrie direk hul plek na die kwalifiserende toernooi (Junie-Julie in Zimbabwe) vir die 2023 Wêreldbeker (Oktober-November in Indië) te verseker.

Die Eagles sal vir hul eie gemoedsrus hul laaste ses botsings moet wen, maar vier seges vir agt punte kan ook werk om hul totaal tot 45 op te stoot en Oman uit die wedloop te boender.

Oman (tweede met 44) het reeds hul 36 wedstryde afgehandel. Skotland hou die eerste posisie met 46 ná 32 botsings waarvan hulle 22 gewen het.

Die probleem vir die Eagles is egter dat vir die Emirate (27 punte) en Nepal (18) onderskeidelik tien en twaalf ODI’s oorbly.

Nepal palm hul ODI’s teen 33.33% in, maar hul rekord op tuisbodem is nader aan 50 persent. Die onvoorspelbare VAE is ’n buiteperd om onder die topdrie spanne in die kompetisie te eindig.

Die Emirate kan ses of selfs sewe van hul laaste ODI’s inpalm en dit spel gevaar vir die Eagles. As die Emirate 14 punte byvoeg om op 41 te eindig, kan hulle ’n ernstige aanspraak maak.

Die VSA (vierde met 35 ná 36 ODI’s) se hoop is reeds begrawe om vir die 2023 Wêreldbeker in Indië te kwalifiseer.

BORG SE STEUN

Distell se nasionale bemarkingsbestuurder, Beverly Jandrell, het gesê: “Die Eagles moet weet dat elke Namibiër agter hulle staan en ons by Richelieu staan bankvas agter hulle.

“Ons vier graag die Eagles se oorwinnings saam met hulle. Sterkte en onthou, alle Namibiërs het die hart van ’n leeu. Moet nooit ophou veg nie.”

KN se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê: “Ek hoop ons as ’n span vergeet nooit vir wie ons verteenwoordig wanneer ons op die veld is en die spel beoefen waarvoor ons lief is nie.

“Ons is bevoorreg om in ’n vennootskap met Distell met hul Richelieu-handelsmerk te wees. Dit is ’n wonderlike reis sedert dié vennootskap vasgeknoop was.

“Sterkte aan die Eagles met hul laaste ses eendagwedstryde.”

TOERSPAN

Die Eagles-toerspan is Gerhard Erasmus (kaptein), Lo-han Louwrens, Tangeni Lungameni, Zane Green (paaltjiewagter), Michael van Lingen, Jan Frylinck, Bernard Scholtz, Picky Ya France, Ben Shikongo, Karl Birkenstock, Joshuan Julius, Nicol Loftie-Eaton, Ruben Trumpelmann en Shaun Fouché.

Nepal: Dipendra Airee, Mahammad Asif Sheikh, Kushal Bhurtel, Pratis GC, Gulsan Jha, Sundeep Jora, Sompal Kami, Karan KC, Sandeep Lamichhane, Gyanendra Malla, Kushal Malla, Rohit Paudel, Lalit Rajbanshi, Arjun Saud, Bhim Sharki, Surya Tamang.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.83 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.94/OZ DOWN -0.0107 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 923.80/T UP 0.41% | Brent Crude Oil US$ 84.40/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 961.42/OZ UP +0.62% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.83 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.94/OZ DOWN -0.0107 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 923.80/T UP 0.41% | Brent Crude Oil US$ 84.40/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 961.42/OZ UP +0.62%