Eagles klim hoog op ranglys
Krieket
'n Hoër posisie as Ierland en Skotland getuig van die standaard wat afrigter Pierre de Bruyn en sy manne handhaaf.
Die Richelieu Eagles laat Namibië se vlag hoog wapper op die Internasionale Krieketraad (ICC) se nuutste internasionale T20-wêreldranglys.
Die Eagles het tot die 12de posisie geklim nadat hulle in Windhoek tydens die Castle Lite T20-reeks die volsterkte Zimbabwe-span met 3-2 oorskadu het.
Twaalfde is die hoogste wat Namibië nóg op die T20-ranglys was. Selfs Ierland wat ’n toetsspelende land en volle lid van die ICC is, moet die knie voor die Namibiërs in die 13de posisie buig.
Namibië is nou die hoogste gerekende assosiaatland met Skotland 14de, gevolg deur Nepal (15de), Nederland (16de), die Verenigde Arabiese Emirate (17de), Oman (18de), Papoea-Nieu-Guinee (19de) en Kanada (20ste).
Zimbabwe is nou nog in die elfde posisie, net agter Afghanistan (10de) en Bangladesj (9de).
Indië (eerste), Engeland (tweede) en Nieu-Seeland is tans aan die toppunt van die ranglys waarop altesame 87 lande verskyn.
Vir afrigter Pierre de Bruyn en die administrateurs van Krieket Namibië is die nuutste ranglys gewis ’n pluimpie en ’n bron van motivering.
INDIVIDUE
Onder die wêreld se beste T20-kolwers beklee JJ Smit en Gerhard Erasmus gesamentlik die 66ste posisie. Dis glad nie sleg vir Smit as in ag geneem word dat hy dikwels eers op nommer vyf of ses gaan kolf nie.
Die Emirate se Muhammad Waseem (hoogste van die assosiaatlande) bevind hom op 13de in die groot geselskap van kolwers soos Devon Conway van Nieu-Seeland (gesamentlik 13de) en is selfs voor Quinton de Kock (16de) van die Proteas.
Op die boulers se lys gesels die linkerarm-draaier Bernard Scholtz saam met Mitchell Starc van Australië in die 42ste plek, gevolg deur sy mede-Namibiërs Jan Frylinck (56ste), Dawid Wiese (63ste), JJ Smit (71ste), Gerhard Erasmus (79ste) met Ruben Trumpelmann (93ste).
Mark Watt van Skotland geniet die hoogste erkenning van die assosiaatboulers (38ste).
Op die ICC-ranglys van veelsydige spelers word net 20 uitgesoek en JJ Smit word in die vyfde posisie vereer. Shakib Al Hasan van Bangladesj gee die toon aan, Hardik Pandya van Indië is tweede, Mohammad Nabi van Afghanistan is derde en Aiden Markram van Suid-Afrika vierde. Gerhard Erasmus is welverdiend agtste en sy landgenoot David Wiese 12de.
Ander assosiaatspelers op die gesogte ranglys as veelsydige spelers is Zeeshan Maqsood van Oman (16de), Luke Bichard van Guernsey (17de) en Bas de Leede van Nederland (18de).
WÊRELDBEKER-KANS
Die ICC T20-wêreldbeker se kwalifiserende toernooi vir die Afrika-streek word tussen Namibië, Zimbabwe, Uganda, Rwanda, Kenia, Tanzanië en Nigerië beslis en begin op Woensdag 22 November in Windhoek.
Na verwagting sal die kompetisie by United en Wanderers met 21 rondomtaliewedstryde aangebied word. Die spanne speel elk een keer teen mekaar en die toptwee wen bevordering na die T20 Wêreldbeker wat in Junie 2024 gesamentlik deur die VSA en Wes-Indiese eilande aangebied word.
Die voorlopige program:
22 Nov: Kenia teen Rwanda, Uganda tn Tanzanië, Namibië tn Zimbabwe.
Donderdag 23 Nov: Kenia tn Nigerië, Tanzanië tn Zimbabwe.
Vrydag 24 Nov: Nigerië tn Rwanda, Namibië tn Uganda.
Saterdag 25 Nov: Kenia tn Tanzanië, Namibië tn Rwanda.
Sondag 26 Nov: Nigerië tn Tanzanië, Uganda tn Zimbabwe.
Maandag 27 Nov: Nigerië tn Uganda, Rwanda tn Zimbabwe, Namibië tn Kenia.
Dinsdag 28 Nov: Namibië tn Tanzanië.
Woensdag 29 Nov: Nigerië tn Zimbabwe, Rwanda tn Tanzanië, Kenia tn Uganda.
Donderdag 30 Nov: Kenia tn Zimbabwe, Rwanda tn Uganda, Namibië tn Nigerië.
• By die 2021 T20 Wêreldbeker in die Emirate het die Namibiese Eagles as kwalifiseerder die krieketwêreld aan die praat gehad met oorwinnings teen Ierland, Nederland en Skotland, om die super-12-fase te haal en outomaties vir die 2022-toernooi te kwalifiseer.
Laas jaar se toernooi in Australië het met die Eagles se sensasionele sege teen Sri Lanka afgeskop, maar hierna het glipse teen Nederland en die Emirate die einde van hul deelname beteken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie