Drikus Coetzee en Vera Looser nadat hulle verlede jaar hul onderskeie elite nasioanle titels verower het. Foto Andrew Poolman
Drikus Coetzee en Vera Looser nadat hulle verlede jaar hul onderskeie elite nasioanle titels verower het. Foto Andrew Poolman

Drikus, Vera weer om titels uitgedaag

Padfietsry
Elite mans- en vroue­ryers, o.23-, junior ryers van o.10 tot o.19 en ander volwasse ryers sal vandag en Sondag die kans kry om Namibiese padfietstitels in hul ouderdomskategorieë in te palm.
Tielman van Lill
’n Toeskouervriendelike roete deur die middestad behoort Sondagoggend die Nedbank nasionale padfietskampioenskap se padresies vir beide die mededingers en die kykers ’n gedenkwaardige belewenis te maak.

Die stryd om nasionale titels vir 2022 spring egter reeds vanmiddag vanaf drie-uur weg met die individuele tydtoets by die Namwaterbrug op die B1-roete na Okahandja.

Drikus Coetzee sal vandag vir die vyfde keer sy onbetwiste nasionale elite manstitel in die tydtoets verdedig. Hy kan verwag dat Gerhard Mans junior, Ingram Cuff, Hugo Hahn, Danzel de Koe, Daniel Hahn, Kevin Lowe en Jean-Paul Burger alles sal uithaal om hom te klop. Veral Burger kan as buiteperd ’n verrassing bewerkstellig.

By die elite vroue is Michelle Vorster, die 2021-tydtoetskampioen, afwesig vanweë haar verhuising na Nieu-Seeland. Sake sal tussen Vera Looser, Courtney Liebenberg, Melissa Hinz en Anri Krugel uitgespook word. Dieselfde kwartet is as gunstelinge vir die padfietstitel geoormerk.

Elite en o.23-mans jaag 40,84 kilometer op die B1-hoofpad teen die stophorlosie. Die elite- en o.23-vroue, subveterane, veterane, meesters, grootmeesters, juniors, o.16’s en die o.14-meisies en seuns durf 20.42 km aan.

Die o.16-, o.14- en o.10-meisies asook o.10- en o.14-seuns ry 12 km.

PADRESIES

Sondagoggend sesuur kom die padfietsresies oor 152 kilometer vir die elite- en o.23-mans aan die beurt. Die elite en o.23-vroue se afstand is 84 km, wat 824 vertikale klimmeters insluit,

Die ryers spring voor die Zoopark in die middestad weg en ry na Döbra (78.5 km) en voltooi die laaste 73.5 km met ’n sirkelroete van sewe rondtes wat verby die Nedbank-hoofkantoor deur die stad na Simon de Witt-brug en terug loop.

Die elite- en o.23-vroue asook subveteraanmans ry agt rondtes van 10.5 km (soos bo beskryf) deur die stad vir hul resies oor 84 km met die eindstreep voor die nuwe Nedbankhoofkantoor in die stad.

Die resies deur die stad is deels so beplan om die verwagte tegniese roete by die Statebondspele na te boots vir Namibiërs wat daar gaan deelneem.

Die elite mans met Xavier Papo, Alex Miller (kampioen in 2019), Gerhard Mans, die koning van bestendigheid Ingram Cuff, Hugo Hahn, Danzel de Koe, Daniel Hahn, Kevin Lowe en Jean-Paul Burger in die saal, sal Coetzee vir sy padfietstitel uitdaag.

Papo is tans puik op peil en ná die afgelope twee Sondae se WPP-reeksseges sal dit dwaas wees om hom mis te kyk. Papo (31) is beslis op ’n missie om een van die plekke in die span na die Statebondspele in Birmingham, Engeland op te raap. ’n Bronsposisie in 2019 was sover sy beste uitslag by die nasionale padresies.

Die verwagte terugkeer van Dan Craven, wat in 2020 sy sesde nasionale padfietstitel verower het, sal ook soos altyd die vlak van kompetisie verder ophef.

Craven het Dinsdag 39 jaar oud geword, maar het nietemin die laaste jare telkens ’n manier gevind om die jonger manne te klop. Boonop het hy steeds persoonlike doelwitte wat hom motiveer om vir die Statebondspele te kwalifiseer – veral ná die teleurstelling verlede jaar toe ’n ontydige positiewe Covid-toets in Spanje hom van ’n welverdiende derde Olimpiese verskyning in Tokio weerhou het.

Nadat Tristan de Lange toe as Craven se Olimpiese plaasvervanger na Japan aangewys is, sal eersgenoemde egter die naweek weens ’n kniebesering afwesig wees.

Die 28-jarige Coetzee het aan Republikein gesê: “As verdedigende kampioen in beide dissiplines sien ek baie uit na hierdie kampioenskap. Die nuwe roete is nie net interessant nie, maar gaan ’n uitdaging vir ons almal wees.

“Die mededinging sal om die minste te sê taai wees. Dit was vir my ’n voorreg om die afgelope jaar met die Namibiese vlag op my trui te kon ry en ek hoop om (vandag) weer die tydtoets vir die vyfde opeenvolgende keer te wen.

“Sondag hoop ek om ’n goeie resies met die padresies te beleef. Dit gaan nie ’n maklike uitdaging vir my wees nie. Maar ek het die afgelope twee Sondae se byeenkomste in die Nedbank WPP-padfietsreeks gesien wat ek wou weet.

“My voorbereiding het volgens plan verloop en geestelik is ek reg ingestel. Die weer lyk goed en mag die beste ryers wen.”Die 28-jarige Looser is ’n bondeltjie met baie dinamiet gelaai en beskik oor die vermoë om blitsig te versnel.

Die tweemalige Olimpiese jaer, reeds met nege nasionale titels in die padresies en ses in die tydtoets, het aan die koerant gesê sy het baie hard in die ongure Switserse winterweer geoefen. Looser het eers verlede Saterdag vanaf Switserland in die land aangekom.

“Ek is verheug om terug in Namibië te wees waar die son skyn. Dit lyk of my harde werk vrugte afwerp voor die Statebondspele. Dis nog baie vroeg in die fietsryseisoen en daar is nog baie wat ek moet insit.

“Ek gaan die tydtoets ry en Sondag kyk of ek die padfietstitel ook weer kan opraap,” het Looser gesê.

“In die week wat ek terug is, kan ek gewis die hoogte bo seespieël voel. Dit gaan moeilik wees teen van die vroue wat spesifiek vir ’n aanslag op die tydtoets voorberei het. Ek het op die oomblik nie ’n fiets wat vir die tydtoets gebou is nie, maar ek sal moet aanpas. Hopelik speel die weer saam en is dit nie te warm of te winderig nie.

“Oor die padresies is ek baie opgewonde oor die nuwe roete en veral die gedeeltes deur die stadsgebied. Ek voel die roete pas my met kort, steil bulte en ’n klomp hoeke en draaie wat bietjie tegniek vereis. Dit sal lekker wees as ons ’n sterk groep vooraan kan wees en lekker hard kan ry.

“Om alleen te ry, sal anders wees as laas Sondag toe ek deel van die MBM-span was. Omdat ons almal nou teen mekaar ry, is die neiging soms dat die ryers dan ook effens meer negatief ingestel is en niemand wil te veel harde werk aan die voorpunt insit nie.

“Die roete is beslis toeskouervriendelik; hopelik sal mense uitkom en kom kyk in die hoofstraat, met kos en drankies te koop. Dié gedeelte is net tien kilometer en toeskouers by enige punt sal die ryers twee keer te sien kry.

Die prysuitdeling sal Sondag van 14:00 by die Nedbank-hoofkantoor plaasvind. Net die pryswenners sal by die venue toegelaat word.

ANDER KATEGORIEË IN DIE PADRESIES

Veteraan- en junior mans 73.5 km (7x rondtes). Meestersmans, o.16-seuns en subveteraanvroue 63 km (6x). Grootmeestermans, junior- en veteraanvroue 52 km (5x). Meestervroue, o.16-meisies en o.14 seuns 42 km (4x). Grootmeestervroue, o.14-meisies en o.12-seuns 31.5 km (3x). o.10-en o.12-meisies asook o.10-seuns 10.5 km (1x).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%