Driekuns vir Nande in Namibiese Ope

Gholf
Wilmari Woest (vroue) en Todd Parker (juniors) het die ander prominente afdelings gewen.
Likius Nande het ná ’n paar maande se wegbreek van die sport teruggekeer en laas naweek vir die vyfde keer die FNB Namibiese Ope gholfkampioenskap by die Rössmund-baan by Swakopmund ingepalm.

Die gebore Swakopmunder het sy vorige Namibiese Ope-titels in 2017, 2018, 2021 asook verlede jaar gewen.

“Sedert verlede jaar se oorwinning by die Windhoek Buiteklub het ek eintlik geen toernooie tot in April vanjaar gespeel nie. Sedert my terugkeer het ek nou drie uit drie toernooie gewen met ’n gemiddeld van een hou onder die baansyfer,” sê Nande, wat positief is oor sy kanse om voor die einde van die jaar terug in die nasionale span te wees.

Die 2023 Namibiese Ope is vir die eerste keer gesamentlik onder die vaandel van drie beheerliggame gehou, naamlik die Namibië Amateur-gholfunie (NAGU), die Namibië Amateur-vrouegholfunie (NALGU) en die Namibië Junior Gholfstigting.

By die prysuitdeling het die toernooidirekteur en president van NAGU, Marco Swarts, ook die Namibië-manspan aangekondig wat dié week na Malawi reis om in die Streek 5-kampioenskap teen agt ander nasies mee te ding, naamlik Edwin Kutara (kaptein), Walter Heibeb, Stephanus Bonifatius en die nuweling Todd Parker.

Ná sy onlangse terugkeer tot aksie het Nande hom nog nie weer tot in die topdrie op die nasionale merietelys opgewerk nie en vandaar sy afwesigheid.

’n Volledige veld van 82 spelers het in die medalje-formaat in alle kategorieë by Rössmund meegeding, wat verskeie vorige kampioene sowel as ontluikende jong gholftalent ingesluit het.

Saterdagoggend se weer was perfek vir gholf. Nande en Neil Theron het beide hul eerste rondte op 71 houe (een onder baansyfer) voltooi. In sy tweede rondte het Nande dit reggekry om sy voet op die pedaal te hou met nog ’n 1-onder-syfer 71, ewe veel as sy ou mededinger Stephanus Bonifatius (71).

Die dag het egter aan Likius behoort en hy het Sondag met ’n voorsprong van agt houe begin. Sondag se weerstoestande het die baan ’n heel nuwe voorkoms gegee – koud, bewolk en nat met ’n sterk noordwestewind. Nande het sy laaste rondte met 73 afgesluit terwyl Fritz Coetzee met ’n puik 72 bruto die klubhuis bereik het om homself tussen die pryswenners te plaas.

In die B-afdeling was Mario Polster die voorloper ná dag 1 met 170 bruto, terwyl Heinrich Schmidt met 82 die beste Sondag-rondte gelewer het.

In die vrouekompetisie was Wilmari Woest (78) die voorloper ná dag een en het ondanks Wilna Bredenhann se beter laaste rondte (83) vasgebyt om die titel in te palm.

In ’n mededingende stryd tussen twee uitstekende junior vooruitsigte was Kyle Johnson (156) ná die eerste dag met een hou voor Todd Parker, maar laasgenoemde se 75 op die laaste dag het hom die junior afdeling besorg.

Pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Kevin Wentzel (putjie 3), Claude Abrahams (putjie 7), Edwin Kutara (putjie 12) en Joseph Martin (putjie 16).

Pryse was ook op die spel vir die langste dryfhou op die 18de putjie, wat deur Fritz Coetzee (lae voorgeë) en Steven Johns (hoë voorgeë) gewen is.

Swarts het FNB geloof vir sy volgehoue steun aan dié gesogte geleentheid en dat hy Castle Lite toegelaat het om as medeborg aan boord te kom – met wonderlike pryse asook geskenke aan al die spelers.

Die FNB-verteenwoordiger Eugene Cloete (takbestuurder op Swakopmund) het by die prysuitdeling waargeneem, saam met Chantelle Tap en Clarence Visagie van Castle Lite.

Rössmund se klubkaptein, George Murusiki, het gesê sonder die borge sou die toernooi nie moontlik gewees het of vir almal so ’n wonderlike naweek van gholf kon verskaf nie.

Die voorste uitslae:

Algehele bruto wenner en 2023 Namibiese Ope-kampioen: 1 Likius Nande (215); 2 Fritz Coetzee (227, uittel).

Algehele beste netto: 1 Hans Naobeb (216); 2 George Murasiki (217).

A-afdeling: 1 Stephanus Bonifatius (227); 2 McPaul Ndeilenga (232, uittel). Beste netto: 1 Walter Heibeb (220); 2 Douw van Wyk 224.

B-afdeling: Dennis Haimbondi (251); 2 Johan Swanepoel (261). Beste netto: 1 Helmut Ndjendja (223); 2 Charles Haoseb (230 uittel).

C-afdeling: 1 Clive Lawrence (177); 2 Bertie Saunderson (182). Beste netto: Lester Hess (131); 2 Kevin Zhang (146).

Vroue-afdeling 2023 Namibiese Ope kampioen: 1 Wilmari Woest (162); 2 Wilna Bredenhann (169). Algeheel beste netto: 1 Tiekie de Wet (149 uittel); 2 Mariena Ludwig (149).

Vroue B-afdeling: 1 Ruanda de Beer (190). Beste netto: Dina Holtzhausen (163).

Vroue C-afdeling: 1 Rina Knight (200). Beste netto: Suene Venter (165).

Junior wenner: 1 Todd Parker (232); 2 Kyle Johnson (235). Beste netto: 1 Wensley Haseb (244); 2 Nelson Johannes (245).

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.05/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.56% | Zinc US$ 3 000.60/T UP 1.48% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP UP +1.10% | Platinum US$ 1 009.23/OZ UP +1.62% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.05/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.56% | Zinc US$ 3 000.60/T UP 1.48% | Brent Crude Oil US$ 83.93/BBP UP +1.10% | Platinum US$ 1 009.23/OZ UP +1.62%