Drie pare maak finaal vol
Gholf
Die Windhoek Buiteklub het Saterdag die vierde kwalifiserende toernooi vir die 2022 Windhoek Lager Internasionale Parespel aangebied. Op ’n winderige dag het 36 pare vir die laaste drie beskikbare plekke meegeding in die nasionale eindronde, wat in Oktober voorlê. Die voorste uitslae, van wie die topdrie na die nasionale finaal deurdring, is: 1 Lloyd Hess & Lester Hess (48 punte), 2 Monty Rukoro & Dignity Moyo (47), 3 Jane O'Sullivan & Jolene van Schoor (45 punte, uittel), 4 George Vink & Sakkie van Zyl (45), 5 Gerhard van Rooyen & Keith Gardiner (45), 6 Paul Grobler & Antonio Gamito (45). Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Zillan du Pisani (putjie 3), Munya Chipfupa (putjie 9), Jane O’Sullivan (putjie 13) en Ian Wood (putjie 17) ingepalm. Die Buiteklub bied komende naweek sy DStv Greenkeepers Revenge aan. Op die foto is die Buiteklub se klubkaptein, Gustav Jung, saam met die wenspan, die broers Lester Hess (links) en Lloyd Hess. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie