Drie kadette by wêreldtoernooi
Skaak
’n Noukeurig saamgestelde skaakspan van drie belowende wonderkinders verteenwoordig Namibië tans by die FIDE Wêreldkadetkampioenskap in Sharm el-Sheikh, Egipte.
Die Namibië Skaakfederasie (NCF) se gekose drietal van James Diën (o.10, van Windhoek Gimnasium), Iyaloo Hamutumwa (o.8, St. George’s) en Kaino Moongo (o.8, Moses Garoeb) takel die internasionale toneel danksy ’n omvattende borgskap van die Namdia-stigting.
In die wêreldtoernooi tot 27 Oktober word die drietal vergesel deur Lloyd Diën as spanbestuurder en Goodwill Khoa, die NCF-president, as hoofafrigter.
“Hierdie Egipte-toer is besonder spesiaal, veral ná die 2023 Afrika-jeugkampioenskap vroeër vanjaar in Kaïro,” het Khoa gesê.
Hy sê Diën (9) het vanjaar in die Namibië Junior Ope deelgeneem en vir die Namibiese Geslote Junior kampioenskap gekwalifiseer. Hamutumwa (8) is die heersende Namibië o.8-meisieskampioen en Moongo was die naaswenner.
Die spanbestuurder sê die jong trio is onwrikbaar positief en van nature toppresteerders en hy het vertroue dat hulle in die oorblywende dae se rondtes sal aanhou veg. Vanweë hul lae plasing op die ranglys het hulle sover net teen die topgekeurde spelers te staan gekom en kon nog nie ’n wedstryd wen nie.
“By die wêreldtoernooi is uiteraard taai mededinging. Hierdie jong spelers is baie vaardig en talentvol en ons jonges doen baie goeie ervaring op,” het Diën gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie