• Tuisblad
  • Sport
  • Dippenaar slaag nuwe toets met vlieënde vaandels
Wilro Dippenaar en Carlyn Swan in aksie.
Wilro Dippenaar en Carlyn Swan in aksie.

Dippenaar slaag nuwe toets met vlieënde vaandels

Veldrenne
Tielman Van Lill
Die Namibiese tydrenjaer Wilro Dippenaar het verlede naweek sy eerste tree in ’n fabrieksgeboude 4x4-Toyota Hilux V8 by die Baberspan 500-veldren in Suid-Afrika gegee.

Dippenaar en sy navigator, Carolyn Swan, moes in die T-klas teen 13 spanne jaag, wat net ’n trappie laer as die FIA-klas is. Tydens inspeksie deur die beamptes is egter bevind dat die Hilux wel in die FIA-klas kan meeding.

In die FIA-afdeling jaag gesoute name soos Giniel de Villiers, Hennie de Klerk (beide Dakar-jaers), Richard Leeke, Chris Visser, Jannie Visser, Dewald van Breda, Gareth Woolridge, Sa’ood Variawa en Guy Botterill.

In die Vrydag se proloog oor 30 kilometer het Team PZN Racing sesde uit 30 spanne klaargemaak.

Met die eerste rondte van 226 km het Dippenaar uitstekend gejaag en algeheel derde geëindig en sy klas ingepalm.

SATERDAG-SKOF (226 km)

Die Hilux verloor sy 4x4-aandrywing ná 160 km toe die wielnaaf links agter die gees gee.

Dippenaar het egter nie moed opgegee nie en het die res van die veldren met net voorwieltrek aangepak, voordat sy remme ná 200 km ook ingegee het.

Hoewel die Hilux vir die laaste 26 km sonder remme moes aankruie, het die vlieënde Namibiër met die tweede ronde sy klas gewen en algeheel vierde in 2:46:39 geëindig. Variawa (eerste in 2:37:17), Van Breda (tweede, 2:38:06) en De Klerk (derde, 2:45:26) was voor Dippenaar.

Dippenaar het aan Republikein gesê: “Dit was tyd om iets nuut aan te pak, iets wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie. Om aan ’n veldren met ’n V8-bakkie met ’n 5 liter-enjin en ’n 6-spoedratkas (sequential gearbox) deel te neem, is heeltemal anders as ’n gewone tydren. Dit is hard, rof en vat aan ’n man se liggaam.

“Ons het nie kans gekry om met die Hilux te oefen nie. Ek het darem die Donderdag ’n paar keer op en af in die straat gery om die gevoel te kry. Die kwalifiserende ronde was nie te sleg met ’n sesde plek nie.

“Die Saterdag het alles goed gegaan totdat die 4x4-aandrywing ingegee het en kort daarna was ons sonder remme. Ons was wel in ’n stadium die voorloper, maar het baie tyd verloor met die breke.

“Dit was ’n goeie en lekker ondervinding. Die gees tussen die deelnemers is uitstekend. Die Hilux het soos ’n droom geloop en ry baie lekker. Die mense daar was absoluut fantasties en almal wil net help.

“’n Uithoutydren soos dié is veel harder op ’n mens se liggaam in vergelyking met ’n gewone tydren met kort sneldele.

“Met die lang veldrenne is die geheim om konstant te jaag. Dit help nie jy probeer heeltyd die maksimum uit die voertuig en enjin haal nie. ’n Mens moet maar net leer om konstant te wees en dan op die regte tyd by die merkers te rem.

“Ek bedank graag vir PZN Panel Beaters, Hemco Paints en 24/7 Recovery wat my deelname moontlik gemaak het.”

Die ikoniese Barberspan 500-veldren was die eerste keer in 1973 aangebied. Die voorste uitslae vir 2023:

Proloog (kwalifiserende ronde): 1 S. Variawa (20 minute 28 sekondes), 2 Christo Roso (20:53), 3 H. de Klerk (21:16), 4 Keith Smith (21:48), 5 D. van Breda (22:02), 6 W. Dippenaar (22:20).

Eerste rondte (Vrydag): 1 De Klerk (2:28:51), 2 Van Breda (2:32:20), Dippenaar (2:41:34).

Tweede rondte (Saterdag): 1 Variawa ((2:37:17), 2 Van Breda (2:38:06), 3 De Klerk (2:45:26), 4 Dippenaar (2:46:39).

Algeheel: 1 Van Breda (5:32:28), 2 De Klerk (5:35:33), 3 Dippenaar (5:50:33).

• Dippenaar en Swan sal op 2 en 3 Junie met die jaarlikse Tara-tydren by Windhoek in aksie wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%