Dag van kolfrekords vir Eagles
Krieket
In 'n seldsame lopiefees het Namibië gister die oorhand gekry.
’n Rekordkolftotaal van 381/8 het Namibië se Richelieu Eagles gister tot ’n waardevolle oorwinning met 48 lopies teen Papoea-Nieu-Guinee aangevuur.
Die Namibiërs is nog nie uit die moeilikheid in die toernooi van ses spanne, van wie net twee sal deurdring na die finale kwalifiserende geleentheid (Junie-Julie in Bulawayo) vir die Wêreldbeker (Oktober-November in Indië) nie.
Gerhard Erasmus en sy manne speel vandag by die Wanderers-veld teen ’n relatiewe liggewig, naamlik Jersey wat uit ’n laer afdeling bevorder is, en het daarna een rusdag voor hul groot stryd teen die hardnekkige Verenigde Arabiese Emirate.
Die United-veld was gister ’n paradys vir kolwers, met die handjie vol toeskouers, asook die kykers op die Internasionale Krieketraad (ICC) se webblad wat skouspelagtige houespel aan beide kante beleef het.
Gerhard Erasmus (125 van 113 balle) was aan die voorpunt van die Namibiese kolfaanslag om 381/8 in hul 50 boulbeurte op te stapel.
Dié totaal oortref Namibië se vorige hoogste in ’n internasionale eendagwedstryd (324/7 teen Oman in Januarie 2020 in Al Amerat, toe Craig Williams 129* van 94 balle geblits het).
Die Eagles het boonop gister die rekordtotaal deur enige land met ICC-assosiaatstatus oortref, wat tevore deur Skotland gehou is (371/5 teen Engeland in 2018).
Erasmus se tweede honderdtal in ’n internasionale eendagwedstryd is van 97 balle behaal, nadat hy 51 balle vir sy vyftigtal gebruik het. Die kaptein het uiteindelik elf viere en vyf sesse geslaan.
Die aanvangskolwer Niko Davin (90 van 79 balle) het die vroeë verlies van Shaun Fouché (geboul vir 0) en Michael van Lingen (agter die paaltjies gevang vir 1) goed verwerk en het saam met Erasmus ’n 151-vennootskap gebou.
Davin, wat later ook as veldwerker met drie puik vangskote uitgeblink het, is b.v.p. uitgegee met sy honderdtal in sig, nadat hy 13 viere en ’n ses gemoker het.
Nicol Loftie-Eaton (61 van 59 balle) het ook die vyftigmerk verbygesteek, voor ’n verdere versnelling in die laaste vyf boulbeurte deur die later kolwers Zane Green (33 van 17 balle, 3x4 2x6), Picky ya France (13 van 11 balle), Ruben Trumpelmann (17 van 5 balle, 1x4 2x6) en Karl Birkenstock (19 nie uit nie van 8 balle, 1x4 2x6).
Loftie-Eaton en Erasmus het ook ’n stewige 130-vennootskap bewerkstellig. Dié twee vennootskappe is onderskeidelik die tweede en derde hoogste nóg vir Namibië en word net deur Erasmus en Michael van Lingen se 162 laasjaar in Port Moresby oortref.
PNG BLY VEG
Papoea-Nieu-Guinee, wat vroeër die loot gewen en gekies het om te boul, moes 7.6 per boulbeurt in hul lopiejaagtig handhaaf.
Die avontuurlustige eilanders het geensins vir die taak teruggedeins nie en het hul kolfbeurt redelik goed beoordeel, hoewel Namibië hulle met tydige deurbrake gekniehalter het.
Charles Amini het ’n vegtende honderdtal aangeteken (109 van 75 balle, 8x4 8x6) en het ook steun van Kiplin Doriga (47 van 39 balle, 4x4 3x6), Sese Bau (54 van 44 balle, 7x4 2x6) en die kaptein Assad Vala (57 van 61 balle, 3x4 2x6) gekry om PNG gerieflik verby die 300-merk en in die pylvak na die Namibiese totaal te bring.
Ruben Trumpelmann (3/63 in 8.2), Bernard Scholtz (3/67 in 10), Erasmus (2/44 in 8, 1 leeg), Ben Shikongo (1/53 in 5) en Shaun Fouché (1/11 in 2) het Namibië se paaltjies geneem.
VSA GEPOOTJIE
• Nadat Kanada (198 almal uit) gister ook vir Namibië ’n guns gedoen het deur die VSA (172 almal uit) met 26 lopies by die Wanderers-veld te klop, is die toernooi se puntestand nou só:
1 Kanada 4 ná 2 wedstryde.
2 VSA 2 ná 1 wedstryd.
3 Emirate 2 ná 1 wedstryd.
4 Namibië 2 ná 2 wedstryde.
5 Jersey 0 ná 2 wedstryde.
6 Papoea-Nieu-Guinee 0 ná 2 wedstryde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie