Coetzee wen klub-stableford
Gholf
By die gholfbaan van die Windhoek Buiteklub is die derde van die STAG (Society of Tuesday and Thursday Afternoon Golfers) se geborgde individuele stableford-kompetisies vir die jaar die afgelope naweek aangebied.
’n Totaal van 44 spelers het op ’n aangename lentedag meegeding.
Die toptien spelers was: 1 Dewald Coetzee (42), 2 Claud Abrahams (41, uittel), 3 Gerhard van Rooyen (41), 4 Paul Adkins (41), 5 Anton Smit (41), 6 Freddie Oosthuizen (39, uittel), 7 Fergusson Paulse (39), 8 Granworth Vries (39), 9 Ignatius Shilinge (39) en 10 Andrew Dodds (38).
Vier pryse is ook met houe naaste aan die pen ingepalm, naamlik deur Sakeus Matheus (putjie 3), Anton Smit (putjie 9), Cuthbert Chipfupa (putjie 13) en Justus Amutenya (putjie 17).
Komende naweek bied die Buiteklub sy finale Windhoek Lager Monthly Medal-toernooi aan. Hierna sal die beste 24 spelers bepaal wees waaruit die twee spanne vir die Toernooi van Kampioene aan die einde van Oktober saamgestel sal word.
TSUMEB vs WALVIS
Sestien spelers van Walvisbaai het laas naweek na Tsumeb gereis vir die jaarlikse uitdaagkompetisie tussen dié twee gholfklubs.
Die Walvisbaaiers het danksy die gelykopuitslag van 4-4 verseker dat die wentrofee steeds in hul klubhuis bly staan. Die besoekers wenkombinasies in die topdrie posisies vir die dag was Jonas Niilenge en Ben Louw met 49 punte (wen 4&3), gevolg deur John Sardinha en Willie Venter (47 punte, wen 5&4) asook Herman Smidt en Patrick Shigwele (46, wen 3&2). Die besoekers het hul waardering uitgespreek vir die gasvrye ontvangs, goeie mededinging en kameraderie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie