Chili is nie ’n speelmaat nie
Rugby
Moet jou nie laat flous deur die groot telling waarmee Chili verlede naweek verloor het nie, sê die Namibiese afrigter Allister Coetzee in die opbou na môreaand se rugbytoets in die kusstad Valparaíso.
Die Chilene het hulle met 12-40 teen die Argentynse A-span vasgeloop. Die vorige naweek het Namibië in die tweede helfte nog voorgeloop voor hulle met hul kleinste verskil nóg teen die Argentyne verloor het (27-34).
Coetzee sê: “Die Argentyne is ’n helse span en Chili is ’n sterk opponent. Chili het die VSA uitgeskakel in die kwalifisering vir die komende Wêreldbeker – en die Amerikaners het verlede Saterdag ’n baie indrukwekkende oorwinning teen Roemenië (31-17, in Boekarest) behaal.
“Chili het ’n helse groot pak voorspelers, met ’n baie goeie haker en skakelpaar en heelagter. Hulle het ook net met een punt teen Uruguay verloor.”
Die Namibië Rugby-unie het bekend gemaak dat môre se toets (23:00) weer regstreeks vertoon sal word op die webblad https://oneafrica.com.na/sportsonone/rugby/
Net kykers binne Namibië sal egter die uitsending kan volg.
KLUBRUGBY EN KUDUS
Die administrateur van die NRU se premierliga, William Steenkamp, sê ondanks enige ontevredenheid is daar geen regulasie wat klubs verbied om uit ligawedstryde te onttrek nie.
FNB Kudus se aankondiging Woensdag dat hy om finansiële redes nie die reis gaan aanpak om teen FNB Rehoboth te speel nie, bring mee dat die toegekende ligapunte aan Rehoboth laasgenoemde se vierde eindposisie op die puntelys verseker.
FNB Western Suburbs (vyfde) of FNB Unam (sesde), wat hul hoop op Kudus sou plaas om met ’n oorwinning op die suidedorp hul kans nog lewendig te hou, kan dus nie meer vir Rehoboth verbysteek nie.
Die topvier vir die semifinaal op 19 Augustus in die Hage Geingob-stadion is dus bepaal, naamlik FNB Wanderers, Kudus, Trustco United en Rehoboth.
“Solank ’n klub die protokol volg deur die betrokkenes betyds in te lig en ’n geldige rede te verskaf, is dit nie teen die regulasies om uit ’n ligawedstryd te onttrek nie,” sê Steenkamp.
• Die NRU eerste liga bereik môre sy halfeindstryde, wat beide in die Hage Geingob-stadion beslis word.
Eerste speel Vipers teen Mariental (13:30), gevolg deur Dolphin teen Etosha (15:30).
Laas naweek se kwarteindstryde: Etosha klop Ocean Swallows (38-24); Mariental klop die verdedigende kampioen Sparta (18-15), Dolphin klop Okahandja Highlanders (34-3); Vipers klop Eastern Bulls (22-7).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie