Chevrons se terugveg onder die kollig
Krieket
Die laer gerekende spanne bly daarop uit om een van die groot visse te vang.
Baie aandag sal op die Zimbabwe Chevrons se oorblywende wedstryde in die ICC T20 Wêreldbeker se kontinentale kwalifiserende toernooi in Windhoek wees.
Die Zimbabwiërs is erg gekritiseer vir hul flou vertoning toe die gasheerspan Namibië hulle die vorige dag stukkend geslaan het.
Die Eagles se Niko Davin (89) en Michael van Lingen (30) het vir die sewende keer uit tien T20-kolfbeurte ’n minstens 50-vennootskap om die eerste paaltjie gelewer, op pad na Namibië se triomf met sewe paaltjies.
“Die keurkomitee wat hierdie hopelose span gekies het, moet almal afgedank word. Koppe moet rol,” was maar net een van die tipiese kommentare van ’n menigte geskokte krieketliefhebbers in Zimbabwe.
“Hoe het ons geval van ’n span wat Australië en Pakistan klop, na ’n span wat teen Namibië verloor? Ons het reeds gesien hoe Afghanistan, Ierland en ander spanne stelselmatig ontwikkel en ons op die ranglys verbysteek. Gaan Namibië nou volgende wees?
“Jy wil huil as jy terugdink aan die Zimbabwe-spanne van ouds, die the Flowers, die Olongas, die Hondos, die Streaks, die Taibus, the Masakadzas ...
“Dis dalk beter as hierdie ouens nie vir die Wêreldbeker kwalifiseer nie. Gaan toer eerder na spannetjies soos Tanzanië om weer jul selfvertroue op te bou.
Growwe beskrywings soos “pateties”, “morsig” en “wedstrydknoeiery” is nie gespaar nie.
Selfs afrigter Dave Houghton het in ’n media-onderhoud geen keuse gehad as om die vertoning as een van die swakstes te beskryf wat hy Zimbabwe al ooit sien lewer het.
Die Chevrons is egter nog nie begrawe nie, omdat twee Afrika-spanne in Windhoek die paal na die Wêreldbeker sal haal. Hulle het gister teruggekap deur met nege paaltjies teen Tanzanië by die United-veld te wen.
Tanzanië is so laag op die ranglys dat hy nog nooit tevore ’n T20-wedstryd teen die troste toetsnasie Zimbabwe gespeel het nie. Nogtans het die ietwat grootoog Oos-Afrikane vanaf 55/8 ietwat herstel om 96/9 in 20 boulbeurte te haal.
Hulle nommer 10, Salum Jumbe, het twee sesse en ’n vier geslaan op pad na 24 nie uit nie van 14 balle.
Richard Ngarava het 3/17 in 4 boulbeurte geneem en kaptein Sikandar Raza (3/10 in 4) was die speler van die wedstryd.
• Kenia is gisteroggend tot in die finale boulbeurt geesleep voor hulle Nigerië (121/7) met vier paaltjies kon klop en met net een bal oor.
Toe Irfan Karim (16 van 20) ná 17.2 boulbeurte uitgevang is, was Kenia op 95/6, met steeds 27 lopies van 16 balle benodig.
Die 34-jarige veteraan Shem Ngoche was toe speler van die wedstryd vir sy reddende 23* van 11 balle (1x4 2x6).
• Die naweek se wedstrydbepalings is op bl. 9.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie