Chase en sy spanmaats opnuut vuurwarm

Triathlon
Die ontluikende geslag driekampatlete toon groot belofte.
Tielman Van Lill
Die talentvolle Windhoekse triathlon-atleet Nathan Chase (14 jaar) het gister by Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap ’n skitterende derde plek teen veel ouer mededingers behaal.

Chase en sy landgenote Fourie Steyn (8ste) en Matt-Reece Izaaks (10de) het aan die Supersprint-kompetisie deelgeneem met 400 meter swem in die see, 10 kilometer fietsry en 2.5 km hardloop as uitdaging.

Chase het die wedloop in 34 minute 4 sekondes kafgedraf, terwyl Steyn en Izaaks onderskeidelik in 36:16 en 38:58 geëindig het.

Die wenner, Samuel Kuenz (18) van Oostenryk, klop Suid-Afrika se Daniel Pappas (33:56) met 34 sekondes en raap die eerste plek in 33:22 op, terwyl Chase agt sekondes ná Pappas eindig.

Chase se swakste dissipline was die swem, waar hy 46 sekondes agter Kuenz- en 14 s ná Pappas uit die see gehardloop het. In die fietsry het die Namibiër 18 sekondes teen Pappas ingekatrol, maar weer 46 s aan Kuenz afgestaan. Kuenz was ná die fietsry met 1:32 voor Chase.

In die 2.5 km drafskof het Chase egter die krane oopgedraai en 44 s teen Kuenz ingehaal. Pappas het die Oostenryker met 46 sekondes in dié dissipline geklop. Kuenz kon sy voorsprong wat hy in die eerste twee dissiplines opgebou het, suksesvol verdedig deur 42 s voor Chase en 14 voor Pappas klaar te maak.

Pappas was ietwat gelukkig om Chase uiteindelik met agt sekondes uit die tweede posisie te hou.

Hoewel die see relatief kalm met min of geen wind was, het die Namibiërs met die swemsessie gesukkel.

Chase het aan Republikein gesê: “Ek het gesukkel met die swem; ek dink ek het nie vooraf genoeg opgewarm nie. Maar die water was lekker warm en ek het dit baie geniet.

“By die fietsry was Kuenz ver voor my en Pappas. Ek en Pappas het saamgewerk en ek kon 18 s teen Pappas inhaal. Met die hardloop was ek en Pappas los voor. Ongeveer 500 m voor die eindstreep het hy daarin geslaag om sy pas te versnel en klop my met twee sekondes na die eindstreep.”

Steyn (15) het vertel: “Dit was ’n lekker kompetisie en ek het die fietsry die meeste geniet. In die hardloopskof het ek nie te watwonders gevaar nie. Aangesien dit maar my tweede Super-Sprintkompetisie was, voel ek tevrede met my tyd.”

Izaaks (13) het gesê: “Ek het ’n goeie resies gehad; dis net die swem wat ’n bietjie moeilik was. Die fietsry en hardloop het goed verloop. Dit was maar my tweede kompetisie waar ons in die see moes swem en ek hou glad nie van die soutwater nie! Ek is egter tevrede met my uitslag.”

MEISIES

By die junior vroue (16 tot 19 jaar) het Maja Brinkmann (1 uur 12:59) en Chloe Rossouw (1:15:58) onderskeidelik algeheel tiende en 16de in die Sprint-kompetisie geëindig (750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop).

Brinkmann raap egter ’n belowende vierde en Rossouw ’n sewende plek in die ouderdomsgroep 16-17 jaar teen gesoute mededinging op.

Beide die Namibiese meisies het die kompetisie geniet.

Adelé de la Rey, spanbestuurder van die Namibirs, het gesê: “Ons is in ons noppies met die twee meisies se vertonings, want dit was maar hul tweede Sprint-kompetisie en boonop teen Suid-Afrika se voorste atlete met baie ondervinding op dié vlak.

“By die Junior Statebondspele is die ouderdomsgroep ook 16 tot 17 jaar en Maja en Chloe staan ’n kans om te kwalifiseer. Die twee is eintlik meer swemmers en het eers in Januarie vanjaar vir die Sprint-triathlon begin oefen. Dus is daar hope ruimte vir verbetering, wat nie bo hul vuurmaakplek is nie.”

Die Junior Statebondspele word van 1 Augustus in Port of Spain, Trinidad en Tobago, aangebied en De la Rey reken die twee het die talent en potensiaal om hul merk te maak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%