No Image Caption

Bulspanne hou kleedrepetisie

Andrew Poolman
In die opbou na Krieket Namibië se mede-aanbieding van die ICC Onder 19 Wêreldbekertoernooi vir mans saam met Zimbabwe is topgehalte talent in die vooruitsig. Krieket Namibië bars van trots op sy span werkers agter die skerms wat hierdie onvergeetlike deurbraak moontlik maak om die land – en vernaam die FNB Namibië Krieketstadion – prominent op die wêreldverhoog te plaas. Die toernooi se laaste rondte opwarmwedstryde word vandag gespeel – insluitend die immer vuurwarm botsing tussen Suid-Afrika en Australië wat die titelhouer van 2024 is (09:30 by United-veld). By die Wanderers-veld kruis die paaie van Afghanistan en Sri Lanka, wat reeds hul opwarmwedstryde teen onderskeidelik Australië en Suid-Afrika gewen het. Die amptelike toernooi is van 15 tot 26 Januarie. Windhoek verwelkom ook vandag vanaf 12:30 die agt besoekende nasies se spanne met ‘n straatparade in Onafhanklikheidsrylaan. Foto Krieket Namibië

Kommentaar

Republikein 2026-06-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer