Brinkmann en Chase groei in Engeland
Triathlon
Twee tienerjarige Namibiërs, Maja Brinkmann en Nathan Chase, het gister by Mallory Park in Engeland aan die Britse triathlon-Superreeks deelgeneem en uitstekende resultate in die Super Sprint-afstande behaal.
Beide moes Saterdag eers kwalifiseer om aan die Superreeks deel te neem. Brinkmann het 14de weggespring en moes haar slag teen 70 juniors in haar resies wys. Chase het 80 teenstanders in sy ren gehad en 19de weggespring. Atlete het met tussenposes van 20 sekondes vir die individuele triathlon weggespring.
Brinkmann behaal ’n 19de plek in die A-finaal met 29 minute 15 sekondes op die stophorlosie, terwyl Chase met 27:10 13de in die B-finaal eindig.
Beide atlete is op die Namibiese Triathlonfederasie se kortlys om vir die Statebondjeugspele gekies te word, wat van 4 tot 11 Augustus in Trinidad en Tobago aangebied word.
Nathan se ma Bronwyn Chase sê: “Dit was ’n goeie leerskool vir almal van ons. Ons het nou ’n goeie perspektief waarop ons vir die oorblywende klompie weke vir voorbereiding kan konsentreer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie