Die Springbokke en All Blacks sal nog tot minstens 2025 jaarliks met mekaar in die Rugbykampioenskap kragte meet. Foto Getty Images
Die Springbokke en All Blacks sal nog tot minstens 2025 jaarliks met mekaar in die Rugbykampioenskap kragte meet. Foto Getty Images

Bokke bly tot 2025 in Rugbykampioenskap

Rugby
Suid-Afrika sal minstens tot 2025 nog in die Rugbykampioenskap speel, maar kyk terselfdertyd of die Springbokke daarna in groener weivelde in die Noordelike Halfrond sal kan wei. Hierdie onthulling is gister gemaak deur base van Sanzaar, die beheerliggaam van die Rugbykampioenskap. Dit bring vir eers ’n einde aan bespiegeling dat Suid-Afrika die Rugbykampioenskap – waar hy teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië speel – binnekort kan groet. Die logiese roete vir Suid-Afrika, veral gegewe dat sy franchise-spanne nou in die Noordelike Halfrond speel, is om by die Sesnasies-reeks in te skakel. Soos sake nou staan met die Bokke wat in die Rugbykampioenskap speel, is Suid-Afrika se seisoen ongebalanseerd. Dit beteken dat die Bokke ’n afseisoen moet hê terwyl die franchise-spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap speel. Brendan Morris, uitvoerende hoof van Sanzaar, het aan die Sydney Morning Herald gesê dat Suid-Afrika se toekoms ná 2025 onseker is. “Suid-Afrika het ons voor Kersfees reeds in kennis gestel dat hulle ander opsies ondersoek,” sê hy. Marcelo Rodriguez, voorsitter van Sanzaar, is nietemin bly oor die sekerheid wat daar vir die afsienbare toekoms is. “Daar was bespiegelinge oor die toekoms, maar dis puik dat al die lidlande hulle nou tot minstens 2025 tot die Rugbykampioenskap verbind het. Dít beteken dat ons daarop kan konsentreer om seker te maak dat die Rugbykampioenskap een van die beste reekse in wêreldrugby bly,” sê Rodriguez. “Die Covid-19-pandemie het die afgelope twee jaar ’n baie ongewone sportomgewing geskep met wedstryde wat dikwels in die gedrang was en kommersiële aspekte wat ook negatief geraak is. “Lidlande het gedurende Covid-19 baie hard gewerk om rugby aan die lewe te hou en dit was by tye moeilik.” Ofskoon die invloed van die Covid-19-pandemie beteken het dat die meeste van verlede jaar se wedstryde in Australië gespeel moes word, is Sanzaar vol vertroue dat die skedule vanjaar na normaal sal terugkeer. “Terwyl die pandemie nog nie iets van die verlede is nie, word beplan dat die Rugbykampioenskap in 2022 ten volle in al vier lande gespeel sal word,” sê Sanzaar in ’n nuusverklaring. “Die effek van die pandemie die afgelope twee jaar was dat geen wedstryde in Argentinië gespeel is nie en dat slegs ’n handvol in Suid-Afrika en Nieu-Seeland gespeel kon word. Die skedule vir 2022 sal mettertyd aangekondig word.” SA Rugby het wel verlede week reeds aangekondig dat die Springbokke in tuistoetse teen Nieu-Seeland (Mbombela en Johannesburg) en Argentinië (Durban) sal speel. Die twee teen die All Blacks is op 6 en 13 Augustus, terwyl die kragmeting met die Poemas op 24 September beslis sal word. – Reuters; Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A