Boishaai konings van Windhoek
Skolerugby
Paarl Boys High se derde span het ná ’n veeleisende week van skolerugby in die Momentum o.19-uitnodigingstoernooi onoorwonne afgesluit en die eerste houers van die nuwe trofee geword. Die Kapenaars het HTS Middelburg in die bekerfinaal in WHS Vegkopstadion met 29-3 oorskadu. Die gasheerskool Samsung WHS is in die bronsmedaljewedstryd met 34-8 deur die UXi-rugbyakademie in die Wes-Kaap geklop. Vyfde was HTS Windhoek wat met 48-12 te sterk vir Saul Damon van Upington was. Ná ‘n paar beserings die afgelope week het Schoemans-groep Windhoek Gimnasium en Autohaus Windhoek Affies uit die laaste speeldag onttrek, omdat hulle komende Vrydagaand in ’n Standard Bank premierligawedstryd betrokke is. Foto Gravity Live
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie