Bly net geduldig, vra Mbakera

Sokker
Andrew Poolman
African Stars se afrigter Marvin Mbakera sê sy onoorwonne span bly op koers en verdien nie die ondersteuners se twyfel in hul veldtog in die Debmarine Namibië premierliga nie.

Mbakera is Sondag uitgevra nadat die wegholvoorlopers op verrassende wyse net met ’n 0-0 eindstelling van die Unam-veld kon afstap teen die sukkelaars in die 16de posisie, Citizens.

Volgens die afrigter het hy van sy gereelde beginspelers ’n ruskans gegee ten gunste van spelers aan die buiterand van die groep wat meer wedstrydtyd benodig.

“Vanweë die veranderinge was ons struktuur ook nie dieselfde nie. Nogtans het ons ’n paar duidelike doelkanse geskep wat ongelukkig nie in die doelnet geëindig het nie. Dit was die soort wedstryd waar jy eintlik net een doel nodig gehad het.”

Op ’n mediavraag het hy geantwoord dat hy ook nie uitermate besorg is oor die gebrek aan skeppende doele in die afgelope drie wedstryde nie, met meestal straf- en vryskoppe wat African Stars se doele opgelewer het.

“Ons manne het baie hard gewerk en het massiewe statistiek opgestapel. Hulle was vandag net ongelukkig en ’n bietjie meer geduld kon die verskil gemaak het, maar kom ons gee hulle krediet. Daar is nog heelwat oorblywende wedstryde.”

African Stars is die enigste span wat dié seisoen nog geen wedstryd verloor het nie, met 15 oorwinnings en vier gelykopwedstryde. Hul voorsprong het die afgelope naweek effens van 14 tot 12 punte voor die tweede geplaaste Blue Waters gekrimp.

Die huidige puntestand:

1 African Stars, wen 15 uit 19, 49 punte

2 Blue Waters, wen 11 uit 19, 37 punte

3 Unam, wen 9 uit 19, 33 punte

4 Mighty Gunners, wen 9 uit 18, 31 punte

5 Okahandja United, wen 8 uit 19, 31 punte

6 Life Fighters, wen 8 uit 17, 26 punte

7 Tura Magic, wen 7 uit 19, 26 punte

8 Orlando Pirates, wen 6 uit 18, 24 punte

9 Julinho Sporting, wen 7 uit 19, 24 punte

10 Tigers, wen 6 uit 18, 23 punte

11 Young Brazilians, wen 7 uit 19, 23 punte

12 Civics, wen 6 uit 19, 22 punte

13 Young African, wen 6 uit 18, 22 punte

14 Eleven Arrows, wen 4 uit 19, 19 punte

15 Black Africa, wen 4 uit 19, 17 punte

16 Citizens, wen 0 uit 19, 4 punte

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° #N/A #N/A