Blink kans vir Low Key in Vegas
Boks
Jeremiah “Low Key” Nakathila is volgende maand terug in die die middelpunt van wêreldboks, Las Vegas. Die Namibiese liggewig takel die onoorwonne Raymond Muratalla van die VSA.
Die 26-jarige Muratalla spog met ’n skoon rekord van 17 oorwinnings as beroepsbokser sedert 2016, maar die ervare en gedugte Nakathila sal beslis die grootste geveg van sy loopbaan sover wees.
Laas naweek in Fresno, Kalifornië, is Muratalla in die eerste ronde deur Humberto Galindo (14-2-1) met ’n regterhaakhou platgeslaan, maar het herstel om ’n uitklopsege met twee lyfhoue in ronde 9 te beklink.
Nakathila se vorige reis na Las Vegas was hoogs suksesvol, vir die oorheersende uitklopsege oor die voormalige wêreldkampioen Miguel Berchelt van Mexiko.
Nakathila (33) sal op 20 Mei by die MGM Grand in Las Vegas ingestel wees om sy wenrekord in die uiters mededingende liggewigklas te handhaaf.
Nestor Tobias, die Namibiër se promotor en afrigter, sê: “Dis nog ’n groot geleentheid vir Nakathila om die wêreld te wys van watter kaliber hy is. Dis vir enige bokser ’n eer om in Las Vegas te veg. Hy takel een van die VSA se onoorwonne jong vooruitsigte wat ’n punt wil bewys, maar ons is gereed vir hom en berei reeds twee maande vir hierdie geveg voor.”
Nakathila sê: “Ek moes verskeie kere luister hoe hierdie outjie my in die openbaar uitdaag en ek is bly die geveg is nou bevestig. Ek is fisiek en geestelik voorbereid en baie opgewonde om terug te keer na Vegas om sake af te handel en my land trots te maak.
“Ek sal hom beslis straf toedien en hom ’n boksles gee wat hy nooit sal vergeet nie, nes ek met Berchelt gedoen het,” het ’n opgewonde Nakathila gesê, wat spog met ’n beroepsrekord van 23 oorwinnings (19 uitklophoue) en twee nederlae met punte.
Die geveg is op die voorprogram vir die liggewigtitelhouers Devin Haney (VSA) en Vasily Lomachenko (Oekraïne) se unifikasiegeveg vir die IBF-, WBO-, WBA super- en WBC-gordels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie