Beste van die beste vir 2023 bekroon

Sporttoekennings
Die beste prestasies van die laaste twaalf maande op plaaslike en internasionale vlak word opgeweeg.
Andrew Poolman
Die finaliste vir die Namibiese Sportkommissie (NSC) se jaarlikse Namibiese Sporttoekennings sal môreaand by The Dome in Swakopmund saam met die res van die land hoor wie die pryswenners vir 2023 is.

Die spoggeleentheid word deur MTC, Debmarine, Namdia, Standard Bank, Namibia Wildlife Resorts en NamPower geborg.

Die drie finaliste vir die hoogste toekenning – die individuele sportster van die jaar, waarvan die prysgeld N$200 000 beloop – is die siggestremde naelloper Ananias Shikongo (silwermedalje in T11-klas 100 meter by die Paralimpiese wêreldkampioenskap in Julie in Parys), die fietsryer Vera Looser asook Gerhard Erasmus, kaptein van die nasionale krieketspan, die Richelieu Eagles wie se hootepunt van die jaar hul opspraakwekkende triomf teen Sri Lanka by die T20 Wêreldbeker was.

Individueel is Erasmus in Januarie ook as ICC se topspeler in assosiaatlande vereer. Hy was die topkolwer met meer internasionale lopies (956) in eendagkrieket in 2022 as enigiemand ter wêreld.

Looser was die afgelope maande uitmuntend op dreef. Nadat sy in Augustus verlede jaar as padfietsryer vierde by die Statebondspele in Birmingham se padresies klaargemaak het, het sy onder meer ook sewende by die UCI marathonwêreldkampioenskap vir bergfietsryers klaargemaak en merkwaardig op die marathonranglys geklim.

Haar oorwinnings met Kim Le Court van Mauritius in beide die 2023 Absa Cape Epic en 2023 Absa Swiss Epic bergfietstoere, asook ’n sege in die 947 Ride Johburg padresies laas November was verdere hoogtepunte.

Afgesien van die gevestigde kategorieë, sal die NSC môreaand ook vier kandidate vir lewenslange eretoekennings oorweeg.

Die Publiek se Keuse vir Sportster van die jaar sal ook aangekondig word en sal met N$15 000 wegstap. Stemme kan aanlyn uitgebring en bly nog tot môreaand oop. Die publiek kan stem vir individuele finaliste in enige van die kategorieë (behalwe span van die jaar en beste ontwikkelingsprogram).

FINALISTE

Sportman: Gerhard Erasmus (krieket) / Ronan Wantenaar (swem) / Fillemon Nghutenanye (boks) / Veja Hinda (gemengde gevegkuns).

Sportvrou: Suzelle Pronk (karate) / Vera Looser (fietsry).

Gestremde sportman van die jaar: Ananias Shikongo (atletiek) / Johannes Nambala (atletiek) / Rodney Stewe (fietsry).

Gestremde sportvrou: Caitlyn Botha (Paralimpiese swemmer) / Lahja Ishitile (atletiek) / Louise Sagaria (atletiek).

Junior sportman: Alfeus Domini (amateurboks) / Josia Katroli (atletiek, hoogspring) / Kevin Lowe (fietsry).

Junior sportvrou: Christine Rottcher (inlynskaatshokkie) / Maja Brinkmann (triathlon) / Nyanyukweni Frans (atletiek).

Junior gestremde sportman: Alvin Iita (atletiek) / Jeromuis Rooi (atletiek) / Lowisa Shehama (atletiek).

Junior gestremde sportvrou: Lahja Iipinge (atletiek) / Lize Meyer (atletiek) / Martha Nengola (atletiek).

Sportspan: Namibië Swemfederasie (CANA Sone 5-span) / Richelieu Eagles (krieket) / Junior vroue-inlynskaatshokkie / Spesiale Olimpiese beweging se nasionale basketbalspan.

Afrigter: Brian Sobel (inlynskaatshokkie) / Letu Hamhola (Paralimpiese atletiek) / Pierre de Bruyn (krieket) / Trevor Cormack (hokkie).

Skeidsregter: Claus Schumacher (krieket) / Lars Dobberstein (inlynskaatshokkie) / Pieter de la Rey (driekamp).

Ontwikkelingsprogram: Ashburton Kwata Minikrieket / BMX Kids on Bike / Physically Active Youth, PAY (fietsry) / Junior Hokkie-inisiatief.

Beste professionele sportfiguur in die buiteland: Gerhard Erasmus (krieket) / Goodwill Khoa (skaak) / Peter Shalulile (sokker).

Sportjoernalis (digitaal): Brian Munango (Namibia Media Holdings) / Strauss Lunyangwe (New Era).

Sportjoernalis (radio en TV): Michael Ditu (NBC) / Strauss Lunyangwe (One Africa).

Sportjoernalis (gedrukte media): Andrew Poolman, Jesse Jackson Kauraisa, Limba Mupetami (al drie Namibia Media Holdings).

Sportfederasie van die jaar: Krieket Namibië / Namibiese Hokkie-unie / Namibiese Triathlonvereniging.

Gemeenskapstoekenning: Delano Muller (skopboks) / Run Alongs (paralimpiese sport) / Physically Active Youth (fietsry) / Namibiese Vlugbalvereniging.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A