Beseerde Ngidi loop toets teen Kiwi’s mis
Krieket
Die Suid-Afrikaanse snelbouler Lungi Ngidi het hom weens ’n seer rug aan die Proteas se tweede toets teen Nieu-Seeland onttrek.
Die kragmeting begin Vrydagoggend (SA tyd) in Christchurch.
Ngidi (25) was ook nie in die eerste toets in Christchurch in aksie nie waar die Proteas met ’n beurt en 276 lopies verneder is.
“Hy was nie in staat om verlede week te boul nie, dus dink ek nie sy voorbereiding is op standaard vir ’n toetswedstryd nie,” sê Dean Elgar, kaptein van die Proteas.
“Ons besef Lungi is ’n sleutelfiguur in ons boulaanval, so dit is teleurstellend dat hy hom nou in hierdie situasie bevind.”
Die Proteas het vier snelboulers – Kagiso Rabada, Marco Jansen, Duanne Olivier en Glenton Stuurman – vir die eerste toets gekies, maar daardie strategie het misluk. Die Nieu-Seelandse kolwers het 482 lopies opgestapel om die grondslag vir die Swartpette se oorwinning te lê.
Stuurman het ’n nagmerrie in sy buiging beleef met boulsyfers van 1/124 teen ’n gemiddeld van meer as vier lopies per beurt. Hy kan deur die snelbouler Lutho Sipamla of die draaibalbouler Keshav Maharaj vervang word.
Elgar erken veranderinge aan die span is ’n “groot moontlikheid”, maar wil nie spesifieke name noem nie. “Ek is seker daar is ouens wie se selfvertroue ’n bietjie laag is, veral sommige kolwers,” sê hy.
Die Proteas kon in die eerste toets slegs 95 en 111 in hul onderskeie kolfbeurte aanteken. – Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie