Baard en Wiese bied plofkrag in tuisreeks
Krieket
JJ Smit se dae as linkerarm snelbouler op die hoogste vlak is straks verby, sê afrigter Pierre de Bruyn.
Die Richelieu Eagles sal van 29 Junie tot 3 Julie by United in Olympia in ’n vriendskaplike driehoekige T20 Castle Lite-krieketreeks teen die Verenigde State van Amerika en Jersey te staan kom.
Die senior nasionale manspan sal ná hul onlangse T20-reeksoorwinning teen Zimbabwe in Bulawayo die besoekers breëbors en vreesloos inwag en sal die besoekers in twee botsings elk aandurf.
Die VSA en Jersey kom slyp teen die Eagles voordat hulle van hier na Zimbabwe vertrek om daar in die finale kwalifiserende geleentheid vir vanjaar se T20-Wêreldbeker mee te ding. Namibië se plek na Australië in Oktober is reeds verlede jaar bespreek.
Pierre de Bruyn, hoofafrigter van Namibië, sê daar is ’n paar beserings wat die Eagles-kamp teister, maar die geleentheid vir ekstra krieket word opnuut verwelkom.
“Dit sal lekker wees om hulle hier te ontvang en ’n paar ekstra T20-wedstryde te kan speel voordat ons op ons toer na Skotland vertrek. Ek sal die vier botsing benut om veral na kombinasie van aanvangskolwers te kyk. Ons probeer nog vasstel wie ons beste kombinasie vir bepaalde toestande is.
“Daar is ’n paar beserings, maar die spelers is stadig maar seker om te herstel. Ek moet versigtig wees om die spelers wat nou ’n terugkeer maak nie te vinnig te druk nie.
“Jan Frylinck sukkel met ’n dyspierbesering en Michael van Lingen asook JJ Smit is beseer. JJ se linkerknie het namens hom besluit dis die einde van sy loopbaan as snelbouler, maar as kolwer sal hy steeds sy merk maak. Stephen Baard het ook herstel en is beskikbaar.
“In Skotland gaan ons internasionale eendagkrieket speel, maar dit maak nie saak dat ons nou T20-wedstryde gaan speel nie. Dit bly krieket teen die regte intensiteit en ek kan terselfdertyd die VSA-span ’n bietjie bestudeer, want ons gaan binnekort teen hulle in ODI-wedstryde kragtemeet.
“Ons sal David Wiese vir die eerste keer in Windhoek in aksie sien en dit sal wonderlik wees om hom hier te hê,” het De Bruyn gesê. Die 37-jarige Wiese, wat ’n vorige internasionale loopbaan met Suid-Afrika gehad het, is sedert sy vertonings vir Namibië by verlede jaar se T20 Wêreldbeker selfs in groter aanvraag as tevore as ’n veelsydige beroepspeler in die kortste formaat.
Die Eagles-spelers met hul T20i-syfers:
1 Craig Williams 35 wedstryde (805 lopies, gemiddeld 27.75 in 33 kolfbeurte). (9 paaltjies in 13 boulbeurte t gemiddeld 20.11 lopies per paaltjie. Ekonomie 6.24). Teen Zimbabwe 139 lopies (133 balle) in 5 kolfbeurte (27.8).
2 Gerhard Erasmus 38 (927 t 34.33 in 36). (19 in 19 bb t 15.52. Ekon 5.44). Zim-reeks: 123 (110 b) in 5 (24.6). Boul 3/46 in 9 t 5.11 in 4.
3 Stephen Baard 25 (665 t 30.22 in 25).
4 JJ Smit 29 (525 t 32.81 in 24). (31 t 18.58 in 24. Ekon 6.77).
5 Divan la Cock 3 (89 t 29.66 in 3). (0 in 1. Ekon 11). Zim-reeks: 89 (73 b) in 3 (29.66). Boul 0/11 in 1 t 11.
6 Michael van Lingen 10 (135 t 19.28 in 7). (0 in 4. Ekon 10.5). Zim-reeks: 63 (60 b) in 2 (31.5).
7 Nicol Loftie-Eaton 19 (144 t 12 in 14). (3 t 56 in 10. Ekon 7.25). Zim-reeks: 65 (57 b) in 4 (16.25). Boul 0/21 in 3.1 t 6.77 in 2.
8 Zane Green 32 (243 t 11.57 in 25). Zim-reeks: 57 (50 b) in 4 (14.25).
9 David Wiese 36 (387 t 21.50 in 27). (38 t 24.23 in 36. Ekon 7.52). Zim-reeks: 48 (48 b) in 5 (9.6). Boul 5/99 in 15 t 6.6 in 4.
10 Ruben Trumpelmann 18 (63 t 21 in 9). (12 t 28.08 in 15. Ekon 6.71). Zim-reeks: 23 (19 b) in 3 (7.66). Boul 2/77 in 14 t 5.55 in 5.
11 Jan Frylinck 35 (140 t 15.55 in 18). (51 t 15.05 in 34. Ekon 6.62).
Zim-reeks: 22 (28 b) in 2 (11). Boul 5/95 in 14 t 6.78 in 4.
12 Bernard Scholtz 35 (22 t 11 in 9). (39 t 17.33 in 35. Ekon 5.89). Zim-reeks: 10 (14 b) in 2 (5). Boul 7/111 in 20 t 5.55 in 5.
13 Picky Ya France 18 (32 t 4.57 in 10). (5 t 35.20 in 14. Ekon 6.76).
Zim-reeks: 1 (4 b) in 2. Boul 2/37 in 5 t 7.4 in 3.
14 Ben Shikongo 19 (0 in 1). (14 t 19.42 in 18. Ekon 6.04). Zim-reeks 1/25 in 4 t 6.25 in 2.
15 Tangeni Lungameni 15 (2 in 1). (12 t 24.75 in 15. Ekon 7.07). Zim-reeks 0/54 in 5 t 10.8 in 3.
16 Lo-han Louwrens 1 (17* t 17 in 1).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie