Aquathlon voor ’n nuwe era?
Tweekamp
D2 Training Squad en Berocca het ’n nuwe geur aan meervoudige sport gebring met die aanbieding van twee swem- en hardloopbyeenkomste in Januarie en Februarie.
Elk van die kompetisies het bestaan uit ’n swemskof van 250 meter, 1.4 kilometer hardloop en dan maak die atlete klaar met nog ’n 100 m swem.
Die eerste byeenkoms by die munisipale swembad in Olympia is deur Drikus Coetzee in ’n tyd van 10 minute 54 sekondes gewen, met ’n junior, Quinn Ellis, as die vinnigste o.16-deelnemer in 11:18.
Die eerste vroue-atleet was Chloe Rossouw (o.16) in 12:29 met Benita Kasch (13:27) die vinnigste in die vroue ope-afdeling.
Om die Berocca-uitdaging vir die deelnemers interessant te maak, het die D2 Training Squad se organiseerders besluit om vir die eerste keer in Namibië ’n uitskakelingsronde te gebruik.
Die tweede byeenkoms op 5 Februarie in Olympia het dus uit twee bene van 250 m swem, 1.4 hardloop en 100 m swem bestaan. Die swem en hardloop van die tweede been het as uitskakelingsronde gedien.
Ná die eerste 250 swem word die laaste twee atlete uit die water onttrek. Dieselfde prosedure geskied ná die hardloopskof en sodoende is die veld redelik uitgedun wanneer die laaste 100 geswem word.
Ellis het dié keer in ’n tyd van 10:49 gewen, met sy 13-jarige jongboet Lian tweede in 11:03. KP Rathenam was algeheel derde, maar eerste in die ope-afdeling.
Rossouw en Kasch kon nie die tweede byeenkoms bywoon nie, maar Anri Krugel het die finaal in ’n tyd van 13:01 gewen. In die spankompetisie het Woofin’ Wienerdogs Alvarey in 13:22 eerste geëindig.
• D2 Training Squad bied op 12 Maart sy derde Star Bodyworks Fritzposten-velddriekampbyeekoms 40 km wes van die hoofstad op die D1982-pad aan.
Inskrywings kan by https://ntf.go.na gedoen word. Op dié blad is ook besonderhede van aktiewe afrigters by wie voornemende driekampatlete kan inskakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie