Allister wys al sy kaarte teen Maties

Rugby
Twee afsonderlike spanne vir die eerste en tweede helfte is saamgestel uit die groep wat tans op die taak van Wêreldbeker-kwalifisering voorberei.
Andrew Poolman
Allister Coetzee, afrigter van die Namibiese rugbyspan, kry vanaand ’n vroeë blik op sy moontlike keuses wanneer sy oefengroep op Stellenbosch in ’n vriendskaplike kragmeting teen die Maties opgeweeg word.

Toegang beloop N$50 vir die wedstryd by die Danie Craven-stadion op Stellenbosch, met die afskoptyd om 17:00. Teen druktyd was geen besonderhede oor ’n regstreekse uitsending nog bekend nie.

Coetzee en sy mede-afrigters was die afgelope week op Stellenbosch vir ’n belyningskamp met ’n groep van sowat 30 spelers wat in oorweging is vir die allerbelangrike taak van Wêreldbeker-kwalifisering by Rugby Afrika se uitkloptoernooi wat van 1 tot 10 Julie in Frankryk aangebied word.

Vir vanaand se wedstryd teen die studentespan het Coetzee-hulle twee afsonderlike spanne saamgestel wat elkeen 40 minute speelkans sal kry. Enige van die ander spelers kan egter indien nodig opgestuur word.

“Ons voorneme is om elke speler ’n regverdige kans te gee om te wys wat hulle kan doen. Al is dit net 40 minute, sal dit steeds harde rugby wees.

“Die Maties het vanjaar in die Varsitybekerreeks tot in die finaal gevorder, waar hulle deur Tuks geklop is. Die wedstryd behoort ons ’n goeie aanduiding te gee van waar ons staan, en in watter aspekte ons moet verbeter,” het Coetzee gister aan die koerant gesê.

Johan Deysel, kaptein van Namibië se 2019 Wêreldbeker-groep in Japan, was die afgelope week ook op Stellenbosch ná afloop van sy verpligtinge by sy Franse klub Colomiers.

Deysel sal die “Blou Span” vir die eerste helfte aanvoer, voordat die jong flank van FNB Unam, Prince !Gaoseb, as die “Rooi Span” se kaptein sal voor draf.

Net vyf spelers wat op Stellenbosch byeen is, sal nie vanaand betrokke wees nie, met moontlike ligte beserings as ’n oorweging, naamlik die haker Obert Nortje (FNB Wanderers), stut Desiderius Sethie (Unam) slot/flank Max Katjijeko, wat sy klubrugby in Spanje gespeel het, losskakel Cliven Loubser (Utah Warriors), en buitesenter Lesley Klim (Unam).

Oor die afgelope dae se verloop sê Coetzee: “Ek is tevrede met wat ons sover uitgerig kon kry. Dit was goed om net weer ’n slag bymekaar te wees en belyning te kon doen wat ons struktuur en spankultuur betref. Daar is goeie energie in die groep.”

Die hoofafrigter sien dit in ’n positiewe lig dat sommige van Namibië se belangrike kernspelers nog verpligtinge by hul oorsese klubs en unies het wat in die belangrike uitklopfases van hul onderskeie kompetisies betrokke is.

“Dit sê vir jou iets dat hulle nie net in spanne is wat bloot deelneem nie, maar op die hoogste vlak meeding. Janco Venter (flank van Saracens) sal Maandag by ons aansluit en Torsten van Jaarsveld (haker) is ook op pad, nadat hy sy klub (Bayonne) gehelp het om bevordering tot die Franse Top 14 te verwerf,” sê Coetzee.

Laasgenoemde twee kan dus reeds moontlike byvoegings wees voor die Namibiërs se tweede en laaste opwarmwedstryd, aanstaande Vrydag op Stellenbosch teen Italië se A-span. Ná afloop hiervan sal die 28 uitsoekspelers aangekondig word wat die taak van Wêreldbeker-kwalifisering in Frankryk moet gaan afhandel.

Die geharde losvoorspeler Wian Conradie se span in die VSA se Major League Rugby, die New England Free Jacks, is bestem om komende Sondag in die oostelike konferensie se eindstryd teen Rugby New York te staan te kom. Dis ook ’n halfeindstryd om tot die nasionale Major League-finaal deur te dring, teen komende wenner van die westelike konferensie tussen die Houston Sabercats en Seattle Seawolves.

Selfs sonder hierdie manne is daar net enkelinge in die Namibiese wedstrydgroep wat nog geen toetsrugby geproe het nie, naamlik die twee hakers Wikus Jacobs en Gerhard Thirion, die nasionale o.20-stut Jano Otto, flank Joshua Jacobs, skrumskakel Jacques Theron senter Alcino Izaacs, vleuels Warren Ludwig en Gerswin Mouton en heelagter Divan Rossouw.

Coetzee sê sy noue kontak met sy mede-Suid-Afrikaner Franco Smith, Italië se direkteur van rugby, het tot die reëlings vir laasgenoemde wedstryd bygedra.

“Italië-A sou aanvanklik net vir een wedstryd na Suid-Afrika gekom het, om teen ’n uitsoekspan te speel wat ná die Curriebekerreeks gekies sal word. Dié wedstryd word ’n week ná ons s’n in Port Elizabeth gespeel.”

Die twee Namibiese kombinasies vir vanaand:

BLOU SPAN: 1 Herschell van Wyk, 2 Wikus Jacobs, 3 Chemigan Beukes, 4 Adriaan Ludick, 5 Ruan Ludick, 6 Cameron Langenhoven, 7 Joshua Jacobs, 8 Oderich Mouton, 9 Jacques Theron, 10 P.W. Steenkamp, 11 Chad Plato, 12 Alcino Izaacs, 13 Johan Deysel (kaptein), 14 Warren Ludwig, 15 Divan Rossouw.

ROOI SPAN: 1 Jano Otto, 2 Gerhard Thirion, 3 Jason Benade, 4 Pieter-Jan van Lill, 5 Johan Luttig, 6 Thomasau Forbes, 7 Prince !Goaseb (kaptein), 8 Adriaan Booysen, 9 Damian Stevens, 10 TC Kisting, 11 JC Greyling, 12 Danco Burger, 13 Johan Deysel, 14 Gerswin Mouton, 15 Lorenzo Louis.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%