Met Pieter-Jan van Lill se verskyning vanaf die reserwebank het hy sy rekord as die oudste Namibiese toetsspeler opgeskuif tot 39 jaar en 244 dae.
Met Pieter-Jan van Lill se verskyning vanaf die reserwebank het hy sy rekord as die oudste Namibiese toetsspeler opgeskuif tot 39 jaar en 244 dae.

Allister het beter verwag teen Uruguay

Rugby
Andrew Poolman
Afrigter Allister Coetzee kon nie sy teleurstelling wegsteek in die TV-onderhoud ná die Namibiese rugbyspan se verloortoets met agt punte (18-26) teen Uruguay Saterdagaand in Montevideo nie.

“Om eerlik te wees, het ek meer van ons poging verwag. As ’n groep moet ons in die gewoonte kom om week ná week rêrig op te daag. Ons het die vorige week (teen Argentinië-A) uithalerspel in die tweede helfte gelewer. Vanaand het ons vir ’n bietjie platvoet gelyk.

“Ons het ook in die eerste minute onsself in die steek gelaat. Ek wil graag sien dat ons in ’n toets se week beter reageer, want dit gaan (in die naderende Wêreldbeker in Frankryk) elke week vereis word.”

Coetzee het Uruguay geluk gewens, maar het dissipline as ’n kwesbare punt uitgewys en gesê die span het dit in stadiums vir hulself moeilik gemaak om te wen. “Uruguay se agttal was meer fisiek en was meer gedissiplineerd. Met alles gesê, bly ek trots op ons span se poging. Ons (Namibië en Uruguay) sien mekaar weer by die Wêreldbeker.”

Met die verlore rugbyseisoene van 2020 en 2021 en Namibië se geringer blootstelling in internasionale seisoene as ’n moontlike verwysing, moes Namibië se kaptein Johan Deysel in sy TV-onderhoud erken dat sy span in hierdie laat stadium voor die Wêreldbeker steeds met proefnemings besig om die beste kombinasies voor die Wêreldbeker te bepaal.

“Baie geluk aan Uruguay, wat die beter span op die aand was. Ons voel hartseer om so te moes verloor, maar ons is in ons opbou na die Wêreldbeker en het nog heelwat voorbereiding om te doen.”

STELSKOPPE

’n Mens kan net wonder hoe anders dinge kon verloop het indien enige van die nuweling-losskakel Tiaan Swanepoel (Goue Leeus) se naelskraap verbroude skoppe wel deur die pale geseil het.

Swanepoel het nie een van die drie drieë verdoel nie en het ook met een strafskop mis gekorrel. Sy taktiese skoppe en algemene spel was goed, maar op die aand het hy die beseerde Cliven Loubser se skoene nie ten volle gevul nie.

Coetzee het ook uitgewys dat die vaste fasette nie goed genoeg gewerk het nie. Uruguay het Namibië in sommige skrums teruggedruk, terwyl verlore lynstaaningooie ook teen die Namibiërs gewerk het.

Divan Rossouw was op aanval en verdediging een van die span se beter individuele presteerders op die aand – ondanks sy ongelukkige geel kaart ná 26 minute toe Engeland se hoog gerekende skeidsregter Luke Pearce beslis het dat hy as doodvatter naby sy doellyn nie weggerol het nie.

Uruguay het binne ’n minuut ná die geel kaart hul voorsprong van 7-0 vergroot met ’n lynstaandryf en agtsteman Carlos Deus wat ondanks die duikvatte van Desiderius Sethie en Casper Viviers die doellyn gehaal het.

Die bordjies is verhang toe Uruguay se buitesenter Felipe Perez ná 36 minute koelkas toe is omdat hy Damian Stevens agter ’n losskrum gepla het. Dit het die ruimte help skep vir Stevens om van ’n middelveldskrum weg te breek en Swanepoel te voer, wat Rossouw op spoed vir sy drie deurgejaag het om rustyd met 8-12 agter te wees.

Die eerste afskop ná rustyd het Uruguay gevang en op Rossouw geskop, wat die bal lewendig gehou het. Namibië het vir tien fases besit gehou en gevorder totdat Wian Conradie ’n aangee gekry het om in ’n duikvat oor die doellyn te strek. Ondanks sy onverdoelde drie was Namibië met 13-12 voor.

Uruguay se Perez het ook vir sy blaps vergoed, met ’n drie nadat hy hy op volspoed ’n kort aangee gekry en Deysel geklop het op sy pad doellyn toe.

Ná nog ’n verdoelde agterlyndrie van ’n rolskoppie deur plaasvervanger Diego Ardao was Uruguay ná 62 minute met 26-13 in beheer.

’n Puik drie deur Danco Burger (70 minute) was te min, maar was nietemin ’n briljante oomblik. Die Namibiërs het ’n ingewikkelde beplande beweging oor die wydte van die veld uitgevoer en toe die bal verloor. Uruguay het ver geskop en André van der Berg het met ’n skêrbeweging vir Rossouw gestuur op ’n lopie waarin hy vyf manne met spoed geklop het, voor hy Burger weggestuur het.

Met moontlike onkantspel in ’n lynstaandryfbeweging het Uruguay ook ’n laat Namibiese poging bederf om moontlik met nog ’n drie af te sluit.

• Namibië sluit sy toer komende naweek met ’n toets teen Chili af. Dié span het Saterdag op tuisbodem in die kusstad Antofagasta met 40-13 sy rieme teen die Argentyne styf geloop.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%