Afrigters sien opwaartse kurwes
Hokkie
Sowel die Namibiese binnenshuise mans- en vrouehokkiespanne is goed geplaas om volgende jaar by die Afrika-uitduntoernooi weer hul plekke na die 2025 FIH Binnenshuise Wêreldbeker oop te speel.
Trevor Cormack, die mansafrigter, sê hoewel Namibië 13de op die wêreldranglys gereken is, het DJ Strauss-hulle boaan die puntelys van die pas afgelope Nkosi-bekerreeks in Kaapstad geëindig, nadat hulle met beide Suid-Afrika (7de) en VSA (8ste) afgereken het.
“Ongelukkig kon ons in die finaal nie ons spelpeil lig tot dieselfde vlak as die SA span, wat gemotiveerd en meer klinies as ons was nie,” sê Cormack.
“2023 was vir ons ’n jaar van groot prestasie toe ons in Februarie agtste by die binnenshuise Wêreldbeker geëindig het. In die laaste twee maande het ons ook twee internasionale toernooie se eindstryde gehaal, insluitend die eerste Sultan Nazrin Shah-bekertoernooi wat ons in Maleisië gewen het.”
Hy sê Namibië beoog om in die komende jaar ’n internasionale toernooi in Windhoek aan te bied.
Shayne Cormack, afrigter van die vrouespan wat Suid-Afrika in die Nkosi-bekerfinaal met 4-2 geklop het, sê sy is trots op die span.
“Ons is in die beginfase met ’n nuwe span, maar die Nkosi-beker was ’n korttermyndoelwit en ons is verheug. Ons sal voortgaan om doelgerig te werk om onder meer ons diepte te verbreed.
“Ons het die uitnodiging na Maleisië op kort kennisgewing aanvaar en het die toer gebruik om te bepaal waaraan ons behoort te werk. Dit was ’n vrugbare toer en ons kon ’n paar spelers byvoeg vir die Nkosi-beker. Die meisies wou rêrig wen en ons is baie bly.
“Baie geluk aan ons kaptein Gillian Hermanus (speler van die wedstryd in beide botsings teen RSA), Petro Stoffberg (doelwagter van die toernooi) en Kiana Cormack (topdoelskieter en speler van die toernooi).”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie