Aanslag uit RSA en buurlande verwag
Muurbal
Die Namibiese Muurbalvereniging (NSA) is baie opgewonde dat die BDO Namibiese Ope muurbalkampioenskap op die naweek van 15 tot 17 September gaan herleef.
Die 2022-toernooi wat by die Wanderers-klub in Pionierspark aangebied sal word, is die eerste Namibiese Ope sedert 2017, toe Kelvin Ndlovu en Milnay Louw, beide van Suid-Afrika, onderskeidelik die mans- en vrouekompetisies ingepalm het.
“Hierdie lank verwagte toernooi beloof om tweestryde van sjampanje-gehalte te lewer – met ’n sterk groep Suid-Afrikaanse spelers wat weer aangedui het dat hulle hierheen sal reis om ons beste spelers vir die gesogte titels te kom uitdaag,” sê die NSA in sy nuusverklaring.
Die Afrika Muurbalfederasie het ook reeds begin om die Namibiese Ope op sy sosiale mediaplatforms te bemark en gevolglik word inskrywings ook uit buurlande soos Zimbabwe en Zambië verwag.
Die verwagting is dat die mans se A- en B-afdelings beide 32 inskrywings kan hê, met 16 vrouespelers elk in die A- en B-afdelings.
Die Wanderers muurbalklub maak hom gereed om meer as 100 passievolle spelers en hul ondersteuners te verwelkom. Die finale loting sal van die aantal inskrywings en die relatiewe vernuf van die betrokke spelers afhang.
Belangstellende spelers kan reeds op die Namibiese Muurbalvereniging se webblad inskryf (http://namsquash.org/bdo-namibian-open-2022-entry-form).
Inskrywings beloop N$500 per speler en sluit ’n geskenkpak, T-hemp en kaartjie vir ’n ete by die prysuitdeling in. Die organiseerders bedank BDO Namibia vir sy ruim borgskap en samewerking om ’n muurbaltoernooi van wêreldgehalte te kan aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie