#PinkNamibia takel borskanker
Oktobermaand loop die Kankervereniging van Namibië (CAN) se driejaarveldtog, #PinkNamibia, tot ’n einde. Die borskliniekprogram – ’n vennootskap tussen CAN en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste – vorm die kern van die veldtog. Die veldtog is van stapel gestuur om vroue landswyd beter toegang tot diagnostiese dienste vir borskanker te bied. Dit het in 2024 tydens die jaarlikse SanlamAllianz Hats and Roses-vroue-oggend afgeskop en vroue genooi om hul Afrika-identiteit, -erfenis en -kultuur te omarm. Dit terwyl belangrike gesprekke oor borskanker en die maniere waarop die siekte vroue, gesinne en gemeenskappe raak – insluitend die belangrikheid van familie- en genetiese geskiedenis – gevoer word. Hilma Petrus van SanlamAllianz (regs) het N$100 000 ter ondersteuning van CAN se veldtog vir die sifting van borskanker aan CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen (links), oorhandig. Die skenking sal inisiatiewe vir die sifting van borskanker ondersteun wat deur die jaarlikse Hats and Roses-vroue-oggend befonds word. Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie