No Image Caption

Twintig aansoeke in verkiesings moet teen 15:00 gewysig word

Iréne-Mari van der Walt
Elf politieke partye, agt onafhanklike kandidate en een plaaslike vereniging moet teen 15:00 vandag hul registrasies vir die verkiesings vir streeksrade en plaaslike owerhede wysig. Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê hierdie aansoeke is aan partye, verenigings en kandidate terugverwys vir die wysigings.







"Hierdie streng tydsraamwerk is nodig om die finaliteit en integriteit van die algehele verkiesingsproses te verseker," lui ’n verklaring van die ECN.







Die politieke partye wat hul registrasies moet wysig is as volg:



1. Affirmative Repositioning



2. Body of Christ Party



3. Independent Patriots for Change



4. Landless People’s Movement



5. Namibia Economic Freedom Fighters



6. National Democratic Party



7. Popular Democratic Movement



8. Rally for Democracy and Progress



9. Republican Party



10. SWANU



11. United Namibians Party







Die agt onafhanklike kandidate wat hul aansoeke moet wysig is as volg:



1. Isdor Munkanda Muronga – Mukwe-kiesafdeling



2. Jafet Augustus- Oniipa-kiesafdeling



3. Magreth Raundikua Meroro – Okorukambe-kiesafdeling



4. Mayavero Protasisus Kudumo – Mukwe-kiesafdeling



5. Richard Hoaeb- Walvisbaai landelike-kiesafdeling



6. Shepherd Malabali Nyambe- Katima landelike-kiesafdeling



7. Sidney Taapopi Halupe- Swakopmund-kiesafdeling



8. Sophia Swarts- Karasburg Oos-kiesafdeling







Die Rehoboth Rate Payers Association is die enigste plaaslike vereniging wat hul aansoek moet wysig.

Kommentaar

Republikein 2025-10-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer