Foto Facebook
Foto Facebook

Netwerkgeleentheid vir fotograwe

Yandi Du Plessis
Fotograwe en aspirant-fotograwe sal binnekort weer die geleentheid hê om hul eweknieë te ontmoet wat in Windhoek woon.

Die Namibiese Kunstevereniging (NAA) bied op Woensdag 15 November 'n groet-en-ontmoet-netwerkgeleentheid spesiaal vir fotograwe aan, waardeur dié kreatiewes deel van die NAA-kunsgemeenskap kan word.

Die geleentheid begin om 18:30 by die NAA se uitstalruimte in Robert Mugaberylaan.

Die toegangsfooi is N$20 vir nuwelinge en is gratis vir diegene wat reeds NAA-lede is.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer