Amushelelo hang aktivishoed op (vir nou)
Die aktivis Michael Amushelelo het deur sy platforms aangekondig dat hy vir ’n onbepaalde tydperk nie meer as aktivis sal optree nie, maar eerder daarop sal fokus om sy lewe te "herbou".
Amushelelo het in ’n plasing op sy platforms gesê dat hy daagliks bykans 500 oproepe ontvang en nie ’n assistent het om hom te help nie. "Dit is moeilik om mense te help wat nie bereidwillig is om die minimum te doen vir die individu wat hulle help nie," het Amushelelo in die plasing gesê.
Die aktivis het gesê hy is "emosioneel uitgeput". "Elke oggend moet ek wakker word en sterk wees vir myself, en terselfdetyd, sterk vir ander om hul stem te kan wees," sê hy.
Hy sê hierdie besluit is geneem na sy ma hom gereeld aangepor het om op sy eie lewe te fokus. "... Mamma, ek het vir jou geluister. Jammer vir al die slapelose nagte waardeur ek jou gesit het, jy kan nou rustig slaap," sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie