Trigon bekom N$169 miljoen vir Kombat-heropening
Trigon Metals het N$169 miljoen bekom om toerusting vir die Kombat-myn aan te skaf, wat deur Epiroc Financial Solutions AB beskikbaar gestel is. "Ons sien daarna uit om saam met Epiroc te werk en bedank hulle en hul lede wat gewerk het om hierdie finansieringspakket in plek te stel. Dit maak dit vir ons moontlik om ons ondergrondse vloot uit te bou terwyl ons kontantvloei by die oopgroefmyn kan begin genereer ,” het Jed Richardson, uitvoerende hoof van Trigon, gesê. Mynboubedrywighede hier het oorspronklik in 1962 begin en het tot 2008 erts gelewer, met 'n totale uitset wat 12,46 miljoen ton kopererts.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie