Prysverhoging

-
-
Henriette Lamprecht

Die prys van Network Media Hub (NMH) se drie daaglikse koerante, Republikein, Allgemeine Zeitung en Namibian Sun, verhoog met ingang 1 Julie. Die aanpassing volg op voortgesette brandstofprysverhogings sedert Maart 2026, wat verspreidings- en bedryfskoste oraloor

Namibië aansienlik verhoog het. Republikein en Allgemeine Zeitung styg tot N$10 en Namibian Sun tot N$8. Die vorige aanpassing was vyf jaar gelede. 

NMH bly verbind tot kwaliteitjoernalistiek, betroubare verslaggewing en volhoubare koerantbedrywighede wat lesers elke dag landwyd bedien, Emeraldsand Platforms (ESP), NMH se sambreelorganisasie, het ook met ingang 1 Julie 'n verhoging van 7% in geselekteerde diens- en platformtariewe. Dit is daarop gemik om operasionele volhoubaarheid, logistiek, verspreidings- en produksiekoste oor die maatskappy se groeiende media-, tegnologie- en geleentheidsbedrywighede te ondersteun. Die verhoging vorm deel van breër pogings om diensgehalte, operasionele betroubaarheid en voortgesette belegging in digitale innovasie, inhoudontwikkeling en infrastruktuurgroei oor sy platforms te handhaaf.



Kommentaar

Republikein 2026-07-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer