No Image Caption

PAS IN: Opleiding in nuwe verkrygingskode

Jemima Beukes
Die hoof van die ministerie van finansies se eenheid vir verkrygingsbeleid, Francois Brand, het vanoggend gesê opleiding sal volgende week in die nuwe verkrygingskode geskied.

Verskillende streke sal ook besoek word om bewusmaking te bevorder.

Brand bied aanlyn opleiding vir verkrygingseenhede en die publiek aan.

Volgens hom sal die nuwe kode die ministerie in staat stel om regeringsgeld te gebruik om die ekonomie te stimuleer en werkskepping te bevorder.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2023-03-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer