Nuwe beleggingswet verbied buitelandse handelaars onder drempel van N$7,5 m.
Konsepbeleid stel ’n meer gesentraliseerde stelsel voor
Beleggers sal vereis word om goedgekeurde projekte in 'n nasionale beleggingsdatabasis te registreer wat deur die Namibië Agentskap vir Beleggingsbevordering bygehou sal word.
Namibië se nuwe wet op beleggingsbevordering gaan ’n stokkie voor buitelandse deelname aan kleinskaalse kleinhandel- en landbou-ondernemings ter waarde van minder as N$7,5 miljoen steek.
Dit is een van die mees beduidende wysigings in die beleggingsbeleid sedert onafhanklikwording.
Ingevolge die konsepregulasies het die regering die hele kleinhandelsektor onder N$7,5 miljoen slegs vir Namibiese burgers geoormerk, in wat beleidmakers ’n maatreël noem om plaaslike entrepreneurs teen die verdringing van buitelandse winkels te beskerm.
Dit is nie duidelik of buitelandse ondernemings wat tans in daardie kategorie handel dryf, toegelaat sal word om met hul bedrywighede voort te gaan of gevra sal word om op te pak en hul winkels te sluit nie.
Landbou-ondernemings wat onder dieselfde drempel gewaardeer word, sal ook vir Namibiërs gereserveer word – behalwe vir produkte wat in geslote (enclosed) geriewe of deur hotelle en restaurante vir hul eie gebruik gekweek word.
Die nuwe reëls vorm deel van ’n breër hersiening wat ontwerp is om beheer oor beleggingsvloei te verskerp, plaaslike eienaarskap te prioritiseer en sekere nywerhede as strategies belangrik vir die nasionale ekonomie uit te sonder.
Die konsepwet stel ’n meer gesentraliseerde stelsel voor vir die regulering van beleggings, veral in strategiese sektore, wat duidelike goedkeuring van die minister van internasionale betrekkinge en handel sal vereis voordat enige belegger – plaaslik of buitelands – met sy bedrywighede kan voortgaan. Alhoewel hierdie strategiese sektore nog nie gelys is nie, bevestig die regulasies dat die sentrale bankwese streng vir die staat gereserveer bly.
Die Namibië Agentskap vir Beleggingsbevordering (Nipa), wat ingevolge die wet gevestig sal word, sal alle beleggingsaansoeke verwerk, inligting insamel, die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) raadpleeg wanneer nodig, en niebindende aanbevelings aan die minister uitreik. Goedkeuring word slegs geldig wanneer alle sektorspesifieke lisensies verkry is.
Beheerveranderinge – hetsy deur samesmeltings, verkrygings of herstrukturering – sal ook nuwe ministeriële toestemming vereis.
VERPLIGTE REGISTRASIE
Beleggers sal vereis word om goedgekeurde projekte in ’n nasionale beleggingsdatabasis te registreer wat deur Nipa bygehou sal word.
Registrasie is verpligtend vir entiteite wat toegang tot regeringsaansporings, publiek-private-vennootskappe, verkrygingsgeleenthede of natuurlike hulpbronregte soek.
Die agentskap moet ook registers byhou van plaaslike klein- en mediumgrootte ondernemings (SME’s) wat in aanmerking vir deelname aan die voorsieningsketting kom en Namibiese beleggers wat met buitelandse maatskappye kan saamwerk – wat deel vorm van die regering se pogings om plaaslike deelname aan beleggingsprojekte uit te brei.
Die konsepwet gee Nipa uitgebreide toesigmagte, insluitend die gesag om inligting van beleggers aan te vra, voldoeningsinspeksies uit te voer en oortredings aan die minister te rapporteer.
Indien ’n oortreding gevind word, moet beleggers die geleentheid gegun word om dit reg te stel. Die voortgesette nienakoming kan lei tot die opskorting of kansellasie van goedkeurings, deregistrasie of ’n bevel om bedrywighede heeltemal te staak.
GELYKE BEHANDELING, KAPITAALVLOEI EN ONTEIENING
Terwyl die konsepwet beheer in sleutelsektore verskerp, handhaaf dit die beginsel van gelyke behandeling tussen buitelandse en Namibiese beleggers, behalwe in gevalle waar spesifieke sektore vir burgers gereserveer is of voorkeur- internasionale ooreenkomste reeds in plek is.
Onteiening moet aan Artikel 16 van die Grondwet voldoen, wat regverdige vergoeding vereis gebaseer op billike markwaarde en bepaal deur onafhanklike kundiges wat deur die kabinet goedgekeur is.
Beleggers mag kapitaal, winste en likwidasie-opbrengste vrylik in en uit Namibië oordra, onderhewig aan valutabeheervoorwaardes. Tydelike beperkings kan tydens bankrotskapsprosedures, belastingafdwinging of druk op die betalingsbalans opgelê word.
AANSPORINGS
Beleggingsaansporings – fiskale of andersins – sal slegs beskikbaar wees deur middel van ’n aansporingsertifikaat wat deur die ministerie uitgereik is.
Dié sertifikate kan opgeskort of gekanselleer word indien voorwaardes nie nagekom of projekte nie geïmplementeer word nie.
Buitelandse personeel kan in diens geneem word waar plaaslike vaardighede ontbreek, maar beleggers moet hulle daartoe verbind om Namibiërs op te lei deur middel van vakleerlingskappe of werkgeïntegreerde leerooreenkomste om uiteindelik daardie posisies oor te neem.
Bestaande beleggers sal 12 tot 18 maande hê om onder die nuwe wet sodra dit in werking tree, te registreer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie