Namib Mills sluit hekke voor staking
Byna 700 Naretu-lede stem om te staak
Die grootste graanverwerker sê daar is steeds genoeg Top Score om aan die vraag te voldoen.
Namibië se grootste graanverwerker en vervaardiger van stapelvoedselprodukte soos Top Score, Pasta Polana en Meme Mahangu is gister deur arbeidsonrus geruk.
Honderde werknemers en lede van die Namibië Revolusionêre Vervoervakbond (Naretu) is gisteroggend met geslote hekke begroet toe hulle by die werk opgedaag het. Protesoptogte voor Namib Mills se Windhoek-hoofkantoor het luidkeels gevolg.
Volgens Naretu se leier, Petersen Kambinda, het byna 700 lede verlede week gestem om deel te neem aan ’n landswye staking wat vandag begin.
Die maatskappy het egter die beplande nywerheidsaksie vooruitgeloop deur gisteroggend sy hekke vir vakbondlede te sluit.
In ’n mediaverklaring het Namib Mills bevestig dat die maatskappy ’n tydelike uitsluiting van ’n groep werknemers wat deur Naretu verteenwoordig word, geïmplementeer het, met ingang van 12 Januarie 2026 om 07:00.
“Hierdie stap volg op ’n lang tydperk van loononderhandelinge en word toegelaat ingevolge Namibië se Arbeidswet (Wet 11 van 2007), wat werkgewers toelaat om ’n uitsluiting te begin in die geval van ’n onopgeloste geskil,” lui die verklaring.
Volgens Namib Mills volg die besluit op onredelike eise buite marknorme, benewens die vroeë oortreding van gemagtigde stakingsreëls deur die vakbond, deur hul optrede om waninligting aan werknemers wat (sou) stem oor of hulle aan ’n staking moet deelneem of nie, te versprei; en is bedoel om die nodige ruimte vir konstruktiewe oplossing te skep.
“Namib Mills bly verbind om ’n billike ooreenkoms met die vakbond te bereik en is bereid om te eniger tyd na die onderhandelingstafel terug te keer,” lui die verklaring wat Vrydag uitgereik is.
Kambinda voer egter aan die vakbond se eis dat salarisbelyning in samewerking met die vakbond se insette gedoen moet word, nie onredelik is nie.
“Dis ook ’n twispunt. As twee mense dieselfde werk doen en in dieselfde boekjaar aangestel word, behoort hulle dieselfde betaal te word. Nou kry die een N$6 000 en die ander N$4 000.
“Namib Mills sê hy is bereid om salarisbelyning te doen, maar nie met ons betrokkenheid nie. Die maatskappy weier ook om werknemers toe te laat om hul eie verteenwoordiger vir die maatskappy se pensioenfonds te kies.”
“Dit dui op hul houding van oppergesag oor die mense, asof mense nie met hul eie breine kan dink nie,” sê Kambinda.
Volgens hom is die vakbond nou bereid om ’n salarisverhoging van 5% vir die betrokke boekjaar te aanvaar, Namib Mills is egter glo net bereid om 4% aan te bied.
EKSKLUSIEWE ONDERHOUD
In ’n eksklusiewe onderhoud met Network Media Hub (NMH) het ST Ackerman, Namib Mills se hoofbestuurder, gister gesê dat onderhandelinge sedert Junie 2025 aan die gang is.
Hy sê die laagste verhoging wat aangebied word, is reeds 5%, terwyl van die werknemers tot 35% meer sou ontvang, as gevolg van die ingeslote salarisbelyning.
Die aanbod bied ’n gemiddelde verhoging van 10% per werknemer, terwyl Naretu gemiddeld tot 35% eis, sê Ackerman.
Hy voer verder aan dat werknemers reeds op die maatskappy se pensioenfondsraad verteenwoordig word, deur lede wat intern deur werkers verkies word.
Intussen, en volgens Namib Mills se verklaring, word gebeurlikheidsplanne geïmplementeer om voortgesette produksie en voorsiening van produkte te verseker.
“Terwyl werknemers van die bedingingseenheid uitgesluit word, gaan bedrywighede voort met die ondersteuning van bestuur en niestakende personeel,” sê Namib Mills met betrekking tot produksiekontinuïteit.
Aflewerings aan kleinhandelaars duur voort, volgens die maatskappy.
“Ons het voldoende voorraadvlakke om aan die huidige vraag te voldoen, hoewel daar beperkte beskikbaarheid of geringe vertragings in uitgesoekte produkkategorieë kan wees,” volgens die verklaring.
Namib Mills verseker ook dat veiligheidstandaarde voortdurend gehandhaaf word.
– [email protected]
Kliek hier om beeldmateriaal van die optog te sien: q.my.na/NFDS
Kliek hier om na die onderhoud met ST Ackerman te kyk: q.my.na/HNP7

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie