Nóg ’n groot olie-ontdekking
PEL 87 kan glo tot 20 miljard vate lewer
Soektog na reusevennoot met die geld om produksie te bespoedig, duur steeds voort.
Die Australiese olie-eksplorasiemaatskappy Pancontinental Energy het vandeesweek ’n tegniese verklaring oor die ontleding van data wat verband hou met sy petroleum-eksplorasielisensie (PEL 87) in die Oranjekom uitgereik.
Pancontinental se kwantitatiewe interpretasie (QI)-spesialis het 3D- seismiese data van PEL 87 ontleed, wat rotsfisika-tendense van streekboorgatdata insluit, volgens die maatskappy.
“Die QI-studie bied ondersteuning vir ’n hoë netto tot bruto reservoirstelsel, met koolwaterstof-vloeistof-effekte in bewyse wat saamval met geïdentifiseerde Klas II AVO-afwykings.”
Amplitudevariasie met verrekening (AVO)-afwykings dui dikwels op die teenwoordigheid van koolwaterstowwe, veral olieversadigde sand, volgens ScienceDirect.com.
“Die modelleringstudie van die kom bevestig dat die wêreldklas Kudu-bronrots alomteenwoordig is in die PEL 87-permitgebied,” sê Pancontinental, en dat die bronrots olie direk onder en noordoos van die Saturnus-kompleks genereer.
“Modellering dui op ’n generatiewe kapasiteit van meer as 20 miljard vate [olie] wat direk in die Saturnus-kompleks ingevoer word,” lui die verklaring.
Dié resultate moet nog in Pancontinental se ramings van voornemende hulpbronne en geologiese risiko’s ingesluit word.
PEL 87 is in die Oranjekom, langs die kus van suidelike Namibië, geleë en die permit dek ’n gebied van 10 970 km2. Dit lê in lyn met ’n aantal belangrike olie-ontdekkings wat onlangs deur Galp Energia, TotalEnergies en Shell gemaak is.
PEL 87 is vroeg in 2018 toegeken aan ’n gesamentlike onderneming onder leiding van Pancontinental vir tot drie termyne oor agt jaar, met daaropvolgende verlengings, en kan omgeskakel word na ’n produksielisensie onder vooraf ooreengekome voorwaardes.
Diè gesamentlike onderneming bestaan uit Pancontinental Orange, ’n filiaal van Pancontinental Energy en operateur van die lisensie (75%); Custos Investments (15%); en die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) met 10%. Die vennote soek steeds verdere bystand met die finansiële mag om produksie uit die bron te bespoedig. Woodside Energy het nie hul opsie om in te koop in Mei uitgeoefen nie.
“Ons sien uit daarna om ons beduidende portefeulje van verhoudings met die supergroot maatskappye te ontplooi om die potensiaal van PEL 87 te bevorder,” het Knowledge Katti, die voorsitter en uitvoerende hoof van Custos, toe gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie