• Tuisblad
  • Sake
  • CYMOT CX 2025: Fokus op kliënte se ervaring

CYMOT CX 2025: Fokus op kliënte se ervaring

Promosieartikel
CYMOT
CX 2025, die ekspo van die eg Namibiese maatskappy CYMOT, wat môre en Saterdag by die moderne Hilltop-tak in Windhoek plaasvind, is ’n viering van vernuwing, gehalteprodukte en uitstekende diens van hierdie gevestigde plaaslike onderneming – en dit alles met een doel voor oë: Om kliënte se ervaring te verbeter.

Die naam van die ekspo sê reeds alles: “CX” staan vir “Customer Xperience” – kliënte-ervaring – en dit is presies wat hierdie gebeurtenis so besonders maak. CX 2025 is ’n platform waar CYMOT se gewaardeerde kliënte direk in aanraking kom met die nuutste produkte, tegnologieë en oplossings in pas met hul leefstyl, individuele behoeftes, sowel as verwagtinge.

Besoekers kan na praktiese demonstrasies, produktoetse en direkte gesprekke met verskaffers van vooraanstaande handelsmerke uitsien. Hierdie geleentheid stel kliënte in staat om ingeligte aankope te doen, vrae te vra en produkte eerstehands te ervaar. Dis ’n unieke kans om nuwe oplossings vir buitelewe-aktiwiteite, kamptoerusting, motorbykomstighede, gereedskap, sowel as werk- en veiligheidsklere onder een dak te ontdek – al vind die ekspo spesifiek in Windhoek plaas.

“Ons het hierdie ekspo geskep om ons kliënte direkte toegang tot nuwe produkte en kundige raad te gee, regstreeks vanaf die verskaffers,” sê Marco Louw, bemarkingsbestuurder van CYMOT.

CX 2025 is ook ’n waardevolle netwerkgeleentheid waar kliënte met kundiges uit verskeie velde kan skakel. CYMOT se verskaffers sal beskikbaar wees met raad, demonstrasies en spesiale aanbiedinge.

Toegang tot die ekspo is gratis en almal is welkom om deel te wees van hierdie dinamiese en inspirerende geleentheid.

“CYMOT nooi al hul lojale kliënte hartlik uit om die ekspo saam met ons te kom geniet.”

Volg CYMOT op sosiale media vir verdere inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer