Boubedryf verwelkom begroting van N$445 m. vir 3 000 huise
Meer as N$2 miljard vir behuisingsontwikkeling
Die regering beoog om vanjaar duisende huise te bou, maar gaan Namibiërs die kontrakte vir die konstruksie van dié huise ontvang?
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se jaarlikse begroting sit N$445 miljoen uiteen om 3 000 huise te bou.
Dit deur die toepassing van die massabehuisingsprogram, Build Together, en finansiering vir die Shack Dwellers Federation of Namibia.
Minister James Sankwasa het onlangs ’n begroting van ongeveer N$2,7 miljard in die parlement voorgelê. Vir die nuwe boekjaar is die ministerie se begroting met sowat 4% verhoog. Dit sluit N$1,44 miljard vir bedrywighede en N$1,25 miljard vir ontwikkeling in.
Vir die huidige boekjaar gaan die ministerie N$1 167 miljard aan die program vir die ondersteuning van stedelike en streekbeplanning, infrastruktuur en behuisingsontwikkeling bestee, insluitend N$1,1 miljard uit die ontwikkelingsbegroting, sê die minister.
Deur die behuisingsbeleid van 2023 te implementeer, verwag Sankwasa om 5 000 erwe in die Khomasstreek te diens en nog 5 000 in ander streke. Afgesien van die erwe in Windhoek, sal die minister begroot om 1 250 erwe op Walvisbaai, 1 250 op Oshakati, 1 250 op Keetmanshoop en 1 250 op Rundu te diens, om die jaarlikse teiken van 10 000 erwe landswyd te haal.
Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) verwelkom die toekenning van N$445 miljoen vir die bou van 3 000 behuisingseenhede, “tesame met die breër belegging om grond te diens en die herkapitalisering van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE)”.
Volgens die CIF se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner is dit bemoedigend, “veral omdat dit ooreenstem met die dringende nasionale behoefte om toegang tot bekostigbare behuising uit te brei”.
“Die begrotingstaat spesifiseer egter nie of die lewering van hierdie behuisingseenhede op ’n manier gestruktureer sal word wat betekenisvolle deelname deur plaaslike kontrakteurs moontlik maak nie,” voeg sy egter by.
“Die CIF dring ten sterkste daarop aan dat enige tenders wat vir hierdie projekte uitgereik word, betyds geskryf en beskikbaar gestel word, om die betrokkenheid van konstruksiemaatskappye in die meerderheid Namibiese besit te maksimaliseer.”
Volgens Kirchner was die tydsberekening van die uitreiking van tenders in Desember 2013 vir die vorige ronde van die massabehuisingsprogram nadelig vir plaaslike deelname aan die konstruksieprojekte. Die rede hiervoor was dat plaaslike konstruksiemaatskappye toe reeds vir die jaareinde gesluit het.
Verder versoek die CIF dat die ministerie moet verseker dat kontrakgroottes en -voorwaardes gepas is vir plaaslike maatskappye om mee te kan ding en op duidelike, deursigtige tydlyne vir aansoeke.
Sy sê die federasie sou graag aan die beplanning van kontrakte wil deelneem om te verseker dat die kontrakte realisties, inklusief en in lyn is met plaaslike kapasiteit en omstandighede.
Die verkrygingsmodel vir die vorige ronde van die massabehuisingsprogram het daartoe bygedra dat die meerderheid toekennings aan buitelandse maatskappye gegaan het, sê sy.
Die aanstelling van plaaslike ondernemings dra by tot ekonomiese veerkragtigheid, skep werksgeleenthede en maak voorsiening vir die oordrag van vaardighede, versterk die konstruksiebedryf se waardeketting en verseker dat belastingbetalers se geld binne die land bly.
“Die regering se ambisie om 5 000 huise in Khomas en 5 000 meer landswyd te bou, is prysenswaardig. Om dit egter binne een boekjaar te bereik, bied beduidende logistieke en institusionele uitdagings,” sê sy.
Suksesfaktore sluit in die onmiddellike beskikbaarheid van gedienste grond, deursigtige verkrygingsprosesse met redelike beplanningstye (lead time) en voldoende subsidies om gapings in bekostigbaarheid te sluit.
“Die koördinering tussen alle belanghebbendes insluitend plaaslike owerhede, die NHE, die ministerie en die CIF,” is ook volgens haar noodsaaklik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie