Andrada teken kontrak met Goantagab Mining
Koopooreenkoms vir erts onderteken
Die eienaars van mynkleims kan miljoene verdien.
Andrada Mining, die voorlopers in litiumontginning en -produksie in Namibië, en wat op die fondament van tinmynbou op Uis ontwikkel is, het aangekondig dat ’n bykomende bron van tinerts verseker is.
“Andrada het ’n ertsvoorsienings- en winsdelingsooreenkoms gefinaliseer tussen sy volfiliaal Uis Tin Mining Company (UTMC) en Goantagab Mining Pty Ltd, wat as agent vir die betrokke mynkleimeienaars optree,” lui die mediaverklaring wat gister uitgereik is.
Terselfdertyd is aangekondig dat UTMC nou die bestuur van Birca Mining Namibia sal oorneem. Birca is Goantagab Mining se moedermaatskappy en deur die ooreenkoms sal dit ook ’n bykomende verwerkingsaanleg (jig plant) van 100 ton per uur vir Andrada op Uis bedryf.
“Die versnelde inbedryfstelling van die aanleg gekombineer met hoëgraadse grondstowwe van Goantagab sal vinnige produksieverhogings moontlik maak,” sê Andrada.
Goantagab kan moontlik die bron van meer as twee miljoen ton tin wees, gebaseer op aanvanklike boorwerk wat destyds deur Gold Fields Namibia uitgevoer is. Die ooreenkoms met Goantagab Mining is vir die verskaffing van tot 240 000 ton erts per jaar, terwyl Andrada ook ’n opsie het om die Goantagab-myn vir US$15 miljoen te koop, onderhewig aan die nakoming van sekere voorwaardes.
Die uitvoerende hoof van Andrada, Anthony Viljoen, sê: “Hierdie samewerking met Birca op die Goantagab-afsetting herbevestig ons strategie om ’n myndistrik vir kritieke minerale in die Erongo te skep.”
Hy voeg by: “Sodra produksie by die [nuwe] aanleg ten volle operasioneel is, sal dit die deurset van tinkonsentraat aansienlik verhoog, wat die maatskappy se [Andrada] posisie in die globale mark verbeter.”
Konstruksie aan die aanleg is reeds gevorderd, met produksie wat in die tweede helfte van vanjaar verwag word.
MYNBOU, TOERISME EN BEWARING
“Ons erken die wesenlike spanning waar mynbou, toerisme en bewaring kruis,” sê Viljoen.
Goantagab Mining en Birca is gesamentlik die bedryfsagent namens die eienaars van 18 mynkleims in die Goantagab-gebied.
“Dis belangrik dat, hoewel die Maatskappy [Andrada] tevrede is met hierdie nuwe geleentheid, dit bewus is dat sekere wetgewende omgewingskwessies geopper is in verband met ’n gedeelte van die myneise wat met hierdie ertsvoorsiening verband hou,” lui die verklaring.
Dié stelling verwys na twee voortgesette hofsake tussen gemeenskapsbewaringsgebiede, private toerisme-ondernemings en eienaars van sekere kleims by Goantagab.
Die bewaringsgebiede Sorris Sorris, Ûibasen Twyfelfontein en Doro !Nawas en Ultimate Safaris, het vroeg vanjaar daarin geslaag om ’n hofbevel teen verdere mynbedrywighede in die gebied te bekom. Die rede is om kritiek bedreigde swartrenosters en gevolglik hul toerismebesighede te beskerm. Daardie oponthoud was tot 6 Maart geldig.
Die besturende direkteur van Ultimate Safaris, Tristan Cowley, het in Januarie gesê die renosters kan nie met die mynbedrywighede voortbestaan nie.
“Dit is reeds wetenskaplik bewys deur ’n studie wat Save the Rhino vir die ministerie van die omgewing uitgevoer het,” het hy toe gesê.
RENOSTERS OF TIN
Cowley was nie bewus van die nuwe ooreenkoms met Andrada nie, maar het gister op navraag volgehou: “’n Myn in daardie gebied sou rampspoedig vir die gemeenskap, bewaringspogings en die omgewing wees.”
Volgens hom het toerisme reeds tot N$300 miljoen vir die nabygeleë bewaringsgebiede gegenereer, met werkskepping en reusebeleggings vir bewaring.
Hy het sy misnoeë uitgespreek dat die kleimeienaars tot N$300 miljoen kan verdien, terwyl die bewaringsgemeenskappe hul wildlewe en natuurlike erfenis vir toekomstige geslagte sal prysgee.
Plaaslike inwoners word glad nie in die ooreenkoms tussen Andrada en Goantagab genoem nie, lig hy uit.
Andrada se woordvoerder, Elizabeth Manasse, twyfel of die hofsake enige invloed op die ooreenkoms sal hê.
Sy verwys na die feit dat Andrada nie by Goantagab self sal myn nie, maar slegs die erts sal koop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie