Tanja Bause
Tanja Bause

Ys – die belangrikste op ’n kampeeruitstappie

Tanja Bause
Ek sit hier en beplan my volgende kampeeruitstappie en toe begin ek wonder of almal soos ek en my maats soveel rituele en gebruike het wat hand en hand met so ’n uitstappie gaan.

Die goed wat jy voor, gedurende en tydens die uitstappie doen en wat jou ontstig as ander mense dit nie doen nie, en of mense net vanselfsprekend aanvaar dat iemand anders dit sal doen.

Heel boaan die lys van goed wat gedoen moet word, is seker maar die maak van lyste en dit nog voordat die bakkie gepak word.

Ek ken mense wat lyste van lyste maak. Die een is vir wat gepak moet word, die ander vir wat gekoop moet word. Dan is daar een met die spyskaartplan op en een van wie moet wat saambring.

Ek moet sê dié werkwyse is baie effektief en ek kan nie onthou wanneer laas ons iewers gekamp en iets vergeet het, of sonder iets moes klaarkom nie.

Dan kom die padkos. Wanneer ons vir ’n naweek gaan kamp, maak dit nie saak waarheen die reis gaan nie, padkos word gemaak en gepak. Al is dit net Swakopmund toe, selfgemaakte ontbyt langs die pad is ’n moet. Die vorige dag word vars brötchens en Duitse smeerwors gekoop. Die brötchens word die volgende oggend voor die reis so saam met die koffie gemaak.

Die vorige aand word die gevulde eiers gemaak, want ons is lankal verby die gewone gekookte eiers. So word dan iewers langs die pad stilgehou en ontbyt geniet wat dan ook die begin van ons kampeervakansie amptelik afskop.

Nog ’n ritueel vir ons is wanneer ons by die kampplek aankom, word eers stilgehou en die uitleg deurgekyk. Waar kom die son op en waar sak sy? Waar is die vuurmaakplek en waar die ablusiegeriewe, en dan ‘bespreek’ almal hulle plek volgens hul behoeftes.

Elkeen se siening verskil van “ek staan vroeg op, so die son pla my nie / ek hou middagslapie, so ek soek hierdie skaduboom / ek wil nie laatnag kuier nie, so ek wil ver weg van die vuurmaakplek af wees.

Ons ken al redelik mekaar se wense en die slaapplek kies verloop meestal sonder probleme of stryery.

In die aande voordat die vuur aangesteek word en die vleis op die kole beland, word die koelboks gepak. Nuwe voorraad kom heel onder, genoeg ys word ingepak en dan kan rustig agteroorgesit word. Dis iets wat ek by my pa geleer het.

“Ons is met vakansie en die land is baie warm; niemand wil die volgende dag met ’n warm bier of koeldrank rondloop net omdat jy nie die vorige dag gesorg het nie en wou rus,” het hy altyd gesê.

So lank as wat ek kan onthou, was koelboks pak iets wat ons in die laatnamiddae gedoen het.

Tog is dit vir vele mense nie vanselfsprekend nie. Ek weet nie of hulle dink feetjies pak hul koelboks of die bier loop vanself daar in nie. Ek het gee`n idee wat in hul koppe aangaan nie.

Wanneer jy die volgende dag ’n yskoue een uit die koelboks haal en hulle by jou kom staan en vir een bedel omdat hulle s’n warm is, wil ek altyd nee sê. Ongelukkig loop jy die risiko om dat die kamp onsmaaklik te maak, so jy gee maar en hoop.

Nou moet ek nie net my koues uitdeel en nee, daar kom nie ’n warm een in ruil nie, maar ek moet nou ook met warm biere en koeldranke sit. Mens sal ook dink dat hulle leer, maar nee, breek die aand aan en pak jy jou koelboks, sit hulle lekker agteroor en hoop die feetjies is dié keer op hul pos en wakker.

Gelukkig is die mense met wie ek gaan kamp almal uit dieselfde hout gesny en hou hulle ook van koue bier en koeldranke. Wanneer ons by ’n plek kom waar ys verkoop word, word ys gekoop en in die koelboks gelaai, maar wanneer mense praat van iemand wil die naweek saam kom kamp vir wie ek nie ken nie, dan raak ek klaar senuagtig, want dalk net dalk is hy een van daai wat in die feetjies glo. Een van dié wat dink die ys in die koelboks hou dae lank sonder dat jy dit hoef aan te vul.

Elke kampeeruitstappie het maar steeds sy uitdagings, maar met goeie beplanning en die regte mense is dit my sielskos, wat my gelukkig maak en ek kan nie op die volgende uitstappie wag nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%