Woord van die week

pirouette (Fr.)

I s.nw., pirouettes.

1 Vinnige draaibeweging om die eie as, veral vinnige volle draai v.d. liggaam, in ballet uitgevoer op een been en wel op die punt v.d. toon of bal v.d. voet: Wanneer pirouettes ... uitgevoer word, moet die danser sy kop regop hou en stip na 'n kol reg voor hom kyk (Greyling – Minnaar, verw.: Ballet, 1979, 22).

2 (t.o.v. ruiterkuns) Op 'n handgalop 'n volle sirkeldraai op een plek om die agterpote maak: Die (Lipizzaner)span ... voer pirouettes en drafstappies uit vir 'n internasionale gehoor in die binnenshuise rysaal (Panorama, Mei – Jun. 1990, 64).

II ww., het gepirouette.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer