Woord van die week

’n saak tol

(streektaal) (Suidwestelike Afr. ?Kaaps)

Idiomatiese uitdrukking

Skuldig pleit op ’n aanklag: “So jy’t rêrig niks vir Jessica Leigh gedoen nie?” vra ek weer ... “Sê weer vir jou ... ek het nie die ding gedoen nie. Die saak tol ek Maandag in die hof. Dis pleit en verhoor”(B. Fredericks: Cape Flats, 2020, 40). Hulle straf ons almal ’n jaar tronkstraf en drie jaar buitestraf, toe weier ek. Ons het daardie saak nog verder afbaklei, dit word vyf jaar buitestraf ... Die anderdagmôre was ek in Ombirizo, Andries Meyer se plek. Daardie saak het ek getol ... Die koerante het uitgewys ek het die hangpaal gekry, maar nee, ek was los (P. v. Rooyen: Spoorsnyer, 1994, 65).

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer