Woord van die week

smaal ww., het gesmaal; byv. en byw. smalende, smalend. (soms saam met op of oor) Op 'n minagtende, neerhalende of spottende manier sê of skryf, of jou aanmatigend gedra teenoor iem. of met jou lyftaal blyke gee van 'n aanmatigende of minagtende houding: Ons smaal soms op hom (die resensent), maar moet agting hê vir sy durf (Huisg., 16 Nov. 1951, 14). “A! Ek het gedink ons laventelhaan sal agter 'n vroumens ... wegkruip!” smaal hy (I.D. Lamprecht in Landbw., 15 Jan. 1974, 87). “Jy is nogal stil vir 'n aspirerende filosoof,” het die lang man gesmaal (A.-M. Mischke, vert.: Generaal, 2010, 130). (Die beskuldigde) het regter N.R. se uitspraak smalend aangehoor (Beeld, 19 Jun. 2014, E).

Kommentaar

Republikein 2025-07-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer