Woord van die week

taalmaker (taal-ma-ker) s.nw., taalmakers. Iem. wat taal skep of skeppend met taal omgaan: Die invloedrykste taalmaker van alle taalmakers is die subredakteur (Beeld, 21 Jun.2019, 14). Vandag gaan daar al meer stemme op (van taalwetenskaplikes en skrywers, enersyds, en van die éíntlike taalmakers, die gewone mense, andersyds) wat die bemagtigende uitwerking van “dialektiese” vorme besef en erken — wat wéét dat Afrikaans veel ryker is as wat die burokrate en puriste probeer uitmaak het (G. Weideman in Karring 7, Somer, 1993 – 1994, 38).

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer