WOORD VAN DIE WEEK
kris’miskat, Kris’miskat s.nw. In die uitdr. soos ’n krismiskat (Krismiskat) lyk, geklee, getooi, opgesmuk, uitgevat, e.d. – gesê van iem. met opvallende, dikw. oordadige of smaaklose versierings aan sy (haar) persoon of klere, veral iem. wat ’n (groterige) strik dra, bv. ’n haarstrik by ’n dogtertjie, ’n strik aan die rok van ’n vrou of ’n strikdas by ’n man: Ek (moes) al weer soos ’n krismiskat geklee gaan aansit by ’n dis by ’n eetplek. (Oost., 7 Febr. 1973, 6)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie