WhatsApp 3 Maart 2026
Ek wil graag ’n besondere gebeurtenis op 20 Februarie 2026 op ons plaas Springbokvlakte met u deel. Een van die Charolais-koeie het onlangs ’n gesonde tweelingkalwers in die wêreld gebring. Tweelinggeboortes by beeste is relatief skaars en ons is baie dankbaar dat dit goed met beide die koei en kalwers gaan. Wat die gebeurtenis nóg meer spesiaal maak, is dat dit kom ná die uitdagende droogtes wat die plaas die afgelope jare beleef het. Vir ons as beesboere is dit altyd ’n groot voorreg om sulke spesiale oomblikke te beleef. Dit bring hoop en vreugde vir die nuwe seisoen. – Rozanne Bacalhau
Republikein-redaksie. Is daardie DHPS-storie werklik voorblad-nuuswaardig? Onnodige sensasie in die pers kan pogings belemmer om ’n saak intern op te los.
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie