Weg met die alleenheid!
Ek sê maar net (30 jaar gelede)
Gene Travers – Lorraine bel my Maandag en sê vir my dat sy en ’n paar vriendinne bymekaar gekom en besluit het om ’n “Single Club” te begin. Dit is nou ’n klub vir alleenlopers. Mense wat nie getroud of gekys is nie.
Hul eerste byeenkoms, sê Lorraine, is volgende Saterdag (10 September) by die La-Di-Da naby die Hotel Safari en daar heers glo groot belangstelling van regoor die land. Sy sê manne van sover as Gobabis en Swakopmund het al te kenne gegee dat hulle op dié aand daar gaan wees.
Nou wil Lorainne hê ek moet ook na die geselligheid by La-Di-Da toe kom, want, sê sy, as ek ook nog opdaag, sal die belangstelling dubbel soveel wees.
Ek wou net begin lekker voel toe sy byvoeg dat dit nie is omdat ek populêr is nie, maar ek was al so baie “single” dat ek alleen die helfte van die saal sal volmaak.
Verduidelik toe vir Lorraine dat ek maar skrikkerig is vir sulke soort byeenkomste. Netnou raak ek en ’n massiewe groot alleenloper van Gobabis se wêreld op dieselfde alleenlopende daar by dié plek verlief en dan breek die man dalkies net my sleutelbeen, my slotbeen en albei my dun beentjies vir my.
Nee, verduidelik Lorraine, dit sal nie gebeur nie. Alle gaste word gekeur en daar gaan twee groot alleenlopende mans by die deur staan om alleenlopende molesmakers nog alleener te laat voel indien hulle wil skoorsoek.
Dit is ook nie ’n hoekie vir eensames nie, verduidelik sy. Die mense wat daar toegelaat gaan word, is meestal professionele mense wat nou al keelvol geraak het om in ’n groef te lewe en graag nuwe mense wil ontmoet.
Volgens haar beplan die organiseerders ’n interessante program vir Namibië se alleenlopers vir die res van die jaar. Daar word gepraat van boemelaarsdanse, biertente, braaikompetisies en nog baie meer. Ek self sien uit na die boemelaarsdans, want dan kan ek sommer in my gewone klere gaan.
Van die alleenlopers wat volgende Saterdag na die openingsfunksie by die La-Di-Da toe kom, word verwag dat die mans elkeen net een blom saambring en die dames ’n stel papierborde. Dit is nie te veel gevra nie en daar sal ’n kroeg beskikbaar wees – so die skrikkerige ouens hoef nie eens by hul gewone klubs te gaan “opwarm” om moed te skep nie.
Ek kan net vir Lorraine aanbeveel dat sy moet sorg dat daar nie ’n poeltafel in die saal is nie, want dan gaan die alleenlopende dames éérs alleen voel.
Miskien gaan maak ek nog ’n draai by die La-Di-Da Saterdag. ’n Man weet nooit: jy ontmoet dalk jou droommeisie by dié plek.
’n Engelse digter het eens geskryf: “I wandered, lonely as a cloud. All at one I saw a crowd. Dancing, tossing their heads in the breeze. A host of golden daffodils”.
– 7 September 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie