Wees veilig hierdie feesseisoen
Leandrea sê maar net - [email protected]
Ons is nou eers in die middel van Desember en ons het alreeds oor twee verdrinkings berig. ’n Twaalfjarige dogtertjie wat saam met haar familie die dag by die see gaan spandeer het, en ’n veteraan-paramedikus wat sy lewe gegee het om drie seuns op Hentiesbaai te red. Vir ons hier aan die kus maak ons gewoonlik reg vir die toestroming van mense in hierdie tyd. Die winkelsentrums bly bedrywig, en met die weer wat so saam werk, is dit mos lekker om langs die see te kuier.
Maar, wees asseblief versigtig wanneer julle langs die see is! Monarch Lifeguard van Walvisbaai is gestasioneer by die Dolfynpark-swembad, Lagoon-swembad, die Mole op Swakopmund en selfs by Hentiesbaai. Die stigter, Martin Muyenga, is baie passievol oor waterveiligheid. Hy het onlangs gesê hulle werk vanjaar baie nou saam met die polisie en brandweer. Hy sê: “As jy weier om die instruksies van die lewensredder te volg, sal die hulp van die polisie in geroep word om jou veiligheid te verseker deur jou uit gevaarlike areas te verwyder. Baie voorvalle gebeur omdat mense onder die invloed van alkohol is en wat dit moeilik maak om die instruksies van die lewensredders te volg. Hierdie gedrag stel nie net hul eie lewens in gevaar nie, maar ook die lewens van ons lewensredders aan diens asook ander strandgangers,” het Muyenga gewaarsku. Hy vra ook dat almal die see respekteer en baie noukeurig die instruksies van die gesertifiseerde lewensredders aan diens volg. Alkohol en die see meng nie. Ouers, kom ons wees waaksaam by die see en hou ons kinders ten alle tye dop. Ek glo, en ek staan hierby – as jy nie kan swem nie, bly eenvoudig net uit die water. By die strand is daar spesiale vlae wat wys waar om te swem. Swem net tussen die rooi en geel vlae, en moenie in areas swem wat met rooi vlae gemerk is nie. Rooi beteken gevaar!
Daar is altyd lewensredders by die see; vra hulle as jy oor iets onseker is. Muyenga maan ook dat "bewusmaking van waterveiligheid en die voorkoming van verdrinkings ’n gedeelde verantwoordelikheid is”.
As vrou en ma kan ek myself net indink hoe hierdie twee families die feesseisoen langs oop grafte moet staan – ’n tyd waarin families bymekaar kom. Mens kan nooit hierdie dinge voorspel nie – dis die lewe. As joernalis bid ek dat ons nie weer hoef te berig oor ’n grusame ongeluk of verdrinking hierdie feesseisoen nie.
My pleidooi vir die feesseisoen is: kom ons kyk uit vir mekaar, kom ons wees veilig. Selfs wanneer ons op die paaie is – wees bedagsaam. Daar is geen rede om te jaag nie! Tot ’n volgende keer, geseënde Kersfees!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie