Wees lojaal aan jouself; nie net aan jou werk
Moenie wag vir ’n werk om jou waarde te definieer nie – kies om elke keer vir jouself op te daag.
Ek tik hierdie woorde 33 000 voet in die lug, op pad na Doha, Johannesburg en uiteindelik Windhoek. Vir die eerste keer het ek gratis Wi-Fi in die lug – hoe ongelooflik is dit nie!
My glansstraal hierdie maand klink eenvoudig, maar is een van die moeilikste dinge om regtig te doen: Wees lojaal aan jouself.
’n Paar weke gelede het ek koffie saam met ’n vriendin gedrink. Sy vertel my toe sy voel vasgevang in ’n werk waar sy nie meer leer of waardevol voel nie.
My raad: Soek iets wat jy wil doen – en beweeg aan. Sy het my aangekyk en die verskonings het begin. Toe vra ek: “Wat wil jy dan doen?” Haar antwoord: “Ek weet nie, maar ek weet dit is nie dit nie.”
Ek het vir haar gesê onsekerheid is normaal – maar stilstaan kan jou jare kos. Selfs ’n klein tree vorentoe is beter as geen tree hoegenaamd nie.
Ek het al drie keer in Ierland van werk verander, elke keer iets nuuts geleer en nader aan my perfekte balans tussen doel en gesin beweeg. Ek weet dis nie vir almal maklik nie, maar hier is my waarheid: In die korporatiewe wêreld bring lojaliteit teenoor ’n maatskappy jou selde vooruit – lojaliteit teenoor jouself wel.
As jy nie jou doel uitleef, groei of iets nuuts leer nie – hetsy finansieel of tegnies – is dit tyd om te spring. My reis: Eers ’n globale top-4-ouditfirma, toe die grootste genoteerde maatskappy in Ierland (top-500 in VSA) en nou nog ’n ouditfirma op pad na my droom om eendag ’n vennoot te wees, met ruimte vir ’n gesin.
Ek het nooit brûe verbrand nie, net verbindings gebou. Op my laaste dag het die visepresident van regte my vir koffie genooi en gesê: “Ek respekteer jou dat jy die volgende stap neem.”
Ja, dit is vreesaanjaend. Die onbekende voel nooit veilig nie. Maar ek spring eerder met oop oë – as om eendag wakker te word en te besef ek het in iemand anders se storie bly leef.
* Astrid is ’n Namibiër wat saam met haar man en twee jong kinders in Waterford, Ierland, woon. Sy is passievol oor vrouebemagtiging en geestesgesondheid. Dié rubriek is deel van haar Be Brave Monthly Glimmer-inisiatief waar sy elke maand haar gedagtes, ervarings en raad per e-pos deel.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Beste lesers, keuring vir die publikasie van WhatsApp, briewe en alle ander lesersbydraes berus by Republikein. Klagtes oor die diens van private besighede word eers aan die onderneming vir reaksie voorgelê. Die menings van ons lesers en rubriekskrywers verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van Republikein nie. Republikein is ’n lid van die Redakteursforum van Namibië (EFN) en onderskryf die etiese kode vir die Namibiese media soos toegepas deur die media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie